Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Sunday, December 27, 2015

Accepting Jesus historically (even his death) is not enough to save you ....

Apparently a group of rabbis are doing just that: http://www.israeltoday.co.il/NewsItem/tabid/178/nid/28027/Default.aspx?utm_content=buffer714a0&utm_medium=social&utm_source=facebook.com&utm_campaign=latestnews

Wednesday, December 9, 2015

Leiers maak #NGKerk met #SGV2015 'n "spyskaart-kerk" ...

http://hierstaanek.com/2015/12/09/jy-moet-besluit-het-jesus-vir-sy-eie-sonde-gesterf-of-vir-joune/

Tuesday, December 1, 2015

#NGKerk Skrifgefundeerde preek- ds Piet Otto van Griekwastad NGK

http://ngkerkgriekwastad.co.za/.cm4all/iproc.php/18%20Oktober%202015.mp3

Monday, November 30, 2015

#NGKerk #SGV2015 "Gaan kry DIE PROFESSORE." (1 Korintiërs 1 :20 – Die Boodskap)

"Daar is geskryf: “God sal vir almal wys hoe verkeerd selfs die slimste mense is. Wat vir hulle so slim lyk, is eintlik maar baie dom.” Gaan roep maar die mense wat sê hulle weet baie. Gaan kry die professore. En waar is die mense met die gladde tong? Het God nie gewys dat al hierdie slimmighede wat mense kwytraak eintlik maar baie dom is wanneer dit kom by dit wat regtig belangrik is nie? Mense met al hulle slimmighede het nie die vaagste benul waaroor dit gaan wanneer dit by die dinge van God kom nie." (1 Korintiërs 1 verse 19- 21 – Die Boodskap)

Sunday, November 29, 2015

#NGKerk Kuratoriums voor in die koor - teenstanders van stuiting #SGV2015

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1118-65-maak-beswaar-teen-bevriesing-van-gay-besluit.html

Friday, November 27, 2015

Chicago verklaring IN AFRIKAANS #NGKerk MOETLEES!

Die Chicago verklaring oor die gesag van die Skrif - blaai so 'n klein bietje af hier: http://proregno.com/2012/08/20/bybelse-foutloosheid/

Thursday, November 26, 2015

Geestelike oorlogvoering .... Efesiërs 6:11-16 - SKOENE

Die SKOENE is een deel van die wapenrusting wat 'n paar keer ( direk of indirek) genoem word: "... en as SKOENE aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede (v.15)... ...sodat julle STAANDE kan bly ... (v.11) ...STAAN dan vas... (v.14) Hier bo is 'n prentjie van hoe die skoene min of meer gelyk het. Dit was 'n tipe "spykerskoen" wat hom gehelp het om nie sy balans te verloor nie (onthou dit was meesal een-op-een swaardgevegte). As hy sy vastrapplek sou verloor, het dit nie saak gemaak hoe sterk die res van sy uitrusting was nie – die vyand het so te sê die oorwinning behaal.

Tuesday, November 24, 2015

#NGKerk - ook die gemeente van ALKMAAR verwerp #SGV2015

http://hierstaanek.com/2015/11/24/alkmaar-gemeente-verwerp-die-as-van-2015-se-sgv-besluit/

#NGKerk NOG 'n gemeente ( Albertyn) verwerp #SGV2015

http://hierstaanek.com/2015/11/24/ng-gemeente-albertyn-verwerp-die-as-se-skrifgebruik/

Monday, November 23, 2015

#NGKerk "As Protes": nuwe Facebook groep TEEN #SGV2015 besluit https://www.facebook.com/profile.php?id=100010674253805&fref=ts&pnref=story

Ons verklaar, 1) Dat ons die besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk van 2015 rakende selfdegeslag verbintenisse verwerp. 2) Dat die besluite spruit uit 'n skrifbeskouing en hermeneutiek wat onverenigbaar is met die Bybel en ons belydenisskrifte. https://www.facebook.com/profile.php?id=100010674253805&fref=ts&pnref=story

#NGKerk neem kennis: SGV'e saai verwoesting in "Church of Scotland"

Hier is berigte en artikels daaroor: http://www.stpeters-dundee.org.uk/the-church-of-scotland-rip/ http://www.christiantoday.com/article/gay.marriage.and.the.shaking.of.the.church.in.scotland/54169.htm https://banneroftruth.org/us/store/history-biography/a-sad-departure/?utm_content=buffer751b0&utm_medium=social&utm_source=facebook.com&utm_campaign=buffer http://www.theguardian.com/uk-news/2015/may/21/church-of-scotland-married-gay-ministers

Sunday, November 22, 2015

#SGV2015 Handjievol kerkleiers in #NGKerk weet beter as dermiljoene

Al die Christelike denominasies wat NIE sal saamstem met AS2015 se SGV-besluit nie, is in totaal waarskynlik baie naby aan 2 biljoen. So dit val vreemd op dat 'n handjievol kerkleiers van die NGK hier in die kleine SA, in die "lig" van hulle "nuwe hermeneutiese sleutels" beter weet as al hierdie dermiljoene PLUS al die kerkvaders deur die eeue.

Friday, November 20, 2015

#NGKerk leiers trek by AS2015 'n streep deur Sola Scriptura!

http://hierstaanek.com/2015/11/21/foutloosheid-en-onfeilbaarheid-van-die-bybel-as2015-se-godsonterende-fout/

'n HELE SINODE is TEEN #NGKerk se #SGV besluit!

http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/wes-transvaalse-sinode-se-nee-vir-besluit-oor-gay-regte-in-ng-kerk-20151119

Misgund verwerp #NGKerk se #SGV2015 beskuit

http://hierstaanek.com/2015/11/20/ng-kerk-misgund-erwerp-met-afsku-en-minagting-die-dwaaling-van-as-besluite-oor-saamwoon-die-duiwel-eengeslagverhoudings-en-die-belharbelydenis/

Saturday, November 14, 2015

OPE BRIEF AAN DIE #NGKerk aangaande #SGV2015

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/1102-ope-brief-aan-die-ng-kerk-peet-botha.html

#NGKerk #SGV2015 UITVERKOOP aan "nuwe hermeneutiese sleutels"!

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1101-baie-kort-oorsig-van-sgv-konferensie-te-stellenbosch-2015-11-12.html

Thursday, November 12, 2015

#NGKerk #SGV2015 Kritiese kommentaar op die AS se taakspan oor SGV deur Dr Dawie Botes

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1100-kritiese-kommentaar-op-die-as-se-taakspan-oor-sgv.html

Tuesday, November 10, 2015

#NGKerk Marquad soek verduideliking van AS!

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1098-ng-gemeente-marquard-se-standpunt-oor-sgv.html NG Marquad se versoek aan die AS: Dat die AS asb. aan die kerkraad die volgende inligting sal gee: Die verslag wat as motivering vir die besluit oor selfde geslag verbintenisse handel, waarin die kerkraad die volgende motivering kan vind: *Die Bybelse gronde vir die besluit. *Die algemene openbaring waarvan AS gebruik gemaak het. *Die leiding wat die AS uit die Belydenisskrifte gekry het.

#NGKerk Moreletapark praat HARD en DUIDELIK!

http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.co.za/2015/11/die-ng-kerk-moreleta-park-is-een-van.html

Monday, November 9, 2015

#NGKerk Piet Retief se lidmate STAAN OP vir wat hulle in glo!

http://hierstaanek.com/2015/11/09/piet-retief-gemeente-spyker-hulle-protes-soos-martin-luther-teen-die-kerkdeur-vas/

Sunday, November 8, 2015

#NGKerk Alice Bailey se 10 punt plan vir die NWO

Haar punt nommer 6: POINT #6: MAKE HOMOSEXUALITY AN ALTERNATIVE LIFESTYLE She said: Enjoying sexual intercourse is the highest pleasure in humanity. No one must be denied or restricted in how to enjoy themselves. People should be allowed to experience sex however they want, whether it is homosexuality, incest or bestiality, as long as the two agree. WHY: to demolish the restraint of tradition that establishes sex between a man and woman, to further the agenda of population control, to abolish creation roles and to incorporate the satanic mantra "do what thou wilt" HOW: Preach tolerance and acceptance. Give the homosexuals a voice in numbers, as the numbers grow: tolerance and acceptance will too. Pass laws and implement legislation that legalizes gay marriage and shuns "hate speech". Silence the voice of the preacher in the pulpit through 501c3. Put it everywhere it is now forbidden: on tv, on billboards, in church. Advertise it! Encourage foods that increase estrogens in males (like soy). Males will no longer grow to be strong fathers in a traditional home as they will have no desire

AS2015 afgevaardigdes EMOSIONEEL gemanipuleer?

Watter maniere gaan NOG gebruik word om die "skip te draai"? http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/82-ngk-sinodes/1092-emosionele-manipulasie-by-die-sinode.html

Saturday, November 7, 2015

#NGKerk Piet Retief se verklaring RE: AS2015 se besluite rondom SGV

NG Piet Retief: VERKLARING Die Bybel is die Woord van God en ons staan onder sy outoriteit. Daar is geen verwysing daarin wat homoseksualiteit goedkeur nie. Die 2015 Sinode sê dat die huwelik ‘n verbintenis tussen ‘n man en vrou is, maar maak nou voorsiening vir selfde geslag verbintenisse as ‘n alternatief vir diegene wat nie aan die Bybelse definisie kan voldoen nie. Dis onbybels en ‘n dwaalleer. “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.” 1 Kor 6:9-11 Dit word goed uitgelig in Johannes 8 met die vrou wat in owerspel betrap is en voor Jesus gebring is. Jesus spreek dié aan wat haar wil stenig en sê: “Laat die wat sonder sonde is, die eerste klip gooi.” As hulle een vir een omdraai, vra Hy vir haar: “Waar is jou beskuldigers? Het niemand jou veroordeel nie?” Dan sê Jesus vir haar (en ek glo Hy het dit met deernis en liefde gesê): “Ek veroordeel jou ook nie, gaan heen en sondig nie meer nie.” Hierdeur het Jesus diegene wat wil klippe gooi aangespreek (en dis wat die Sinode wou doen) en Hy reik uit na die vrou wat gesondig het en sy kry vergifnis. Die geweldige skuld en skaamte wat sonde veroorsaak het, het Hy van haar weggeneem, maar Hy het nie nagelaat om vir haar te sê om nie meer te sondig nie. Dis wat die Sinode nagelaat het. Jesus se waarheid is uit die Sinode besluit gelaat. Die Sinode moes ons eerder toegerus het hoe om in liefde en waarheid ‘n pad te stap met gelowige lidmate wat worstel met hulle seksuele oriëntasie. Ons kan ons dus ook nie vereenselwig met die kompromie besluite wat deesdae in die Kerk voorgestel en geneem word nie. Daar kan nie ten opsigte van ernstige leerstellings kompromieë wees wat ruimte laat om dit te aanvaar of nie te aanvaar nie. Vir mense wat worstel met hulle aangetrokkenheid tot mense van dieselfde geslag, wil ons sê dat ons jammer is oor al die spot en verwerping wat u al moes beleef – dikwels ook van mede Christene. Ons wil graag ons maksimum liefde en ondersteuning aanbied aan diegene wat hierdeur geraak word. Ons vra dat leiding geneem sal word deur die kerk om gemeentes toe te rus om ondersteuningsgroepe tot stand te bring wat diegene sal help en lei tot eer van Christus. BESLUIT Tydens die Kerkraadsvergadering van 5 November 2015 besluit die Kerkraad van die NG Gemeente Piet Retief as volg: 1. Ons is oortuig dat die Skrif ons leer dat ’n huwelik die lewenslange verbintenis is tussen een man en een vrou, wat mekaar met die liefde van Christus versorg. Ons aanvaar dat die enigste wyse waarop ’n christelike huwelik tot stand kom, is tussen een man en een vrou, met Christus as die middelpunt. Daarom verwerp ons die Algemene Sinode se besluit wat voorsiening maak vir selfdegeslag verbintenisse wat deur die kerk goedgekeur en voltrek kan word. 2. Ons glo dat die Skrif daaroor baie duidelik is dat alle seksuele verhoudings buite die huwelik teen God se wil en plan is. Die beoefening van homoseksualiteit is dus, soos alle ander sondes waaroor die Skrif praat, teen God se wil en plan Vir al hierdie sondes is daar vergifnis en vrymaking deur die bloed van Jesus Christus. 3. Ons gemeente se deure staan met die liefde en deernis van Christus Jesus oop vir alle mense. Wanneer ’n persoon egter in enige sonde volhard, kan hy/sy nie in ’n leiersposisie (leraar, ouderling, diaken, wyksleier of diensgroepleier) in ons gemeente diens doen nie. 4. Ons aanvaar nie die besluit van die Algemene Sinode van 2015 oor selfdegeslag-verhoudings nie en beskou dit as ’n dwaalleer. Ons is geskok oor die wyse hoedat eeueoue, bewese Gereformeerde eksegetiese en hermeneutiese beginsels tydens ons kerk se beleidmakende Sinode deur ’n meerderheid afgevaardigdes geïgnoreer is en Skrifgedeeltes sodanig geherinterpreteer en gemanipuleer is ten einde die idee te skep dat hierdie dwaalleer Bybels-verantwoordbaar is. Ons roep diegene wat daarvoor gestem het op om om te draai van hierdie verkeerde weg en om terug te keer na die baie duidelike lering daarrondom in die Woord van God en vra die kerk (gemeentes, ringe, streeksinodes en die Algemene Sinode) om die dwaling reg te stel. 5. Ons spreek ons dank uit teenoor die Oostelike Sinode, wat pro-aktief ’n beskrwywingspunt na die Algemene Sinode toe deurgestuur het in ’n poging om bogenoemde dwaling te verhoed. Ongelukkig het genoemde beskrywingspunt nie tot sy reg gekom binne die manipulerende konteks waarbinne die saak behandel is nie. 6. Ons versoek ook die Oostelike Sinode om dringend aandag te gee aan die erg-verskraalde wyse waarop die kerk deesdae in die Algemene Sinode verteenwoordig word en wat, na ons mening, telkens daartoe lei dat besluite, wat totaal onaanvaarbaar is vir die meerderheid in die NG Kerk, deur minderhede deurgeforseer word. Waar is die dae dat elke ring, byvoorbeeld, self die geleentheid gekry het om ’n leraar en ouderling na die Algemene Sinode af te vaardig wat volgens hulle hul saak die beste sal kan verteenwoordig? Die vorige Algemene sekretaris van die NG Kerk, Dr. Kobus Gerber, het tereg in die voorwoord van die agenda erken dat die leierskap van die NG Kerk rondom artikel 1 besef het dat hulle ’n baie verkeerde idee gehad het oor hoe die gemeentelede op grondvlak daaroor voel. Dieselfde geld die besluit oor selfdegeslag-verhoudings. Ook die feit dat leiersfigure van die NG Kerk onlangs openlik hulle solidariteit vir die betogende studente tydens die Fees must Fall-veldtog getoon het, is vir talle lidmate, wie se kinders emosioneel, fisies, akademies, finansieel en andersins (deur onder andere viktimiasie en vandalisme) gely het onder die chaos, moeilik om te aanvaar. Ons mis daarin ’n sensitiwiteit vir ’n groot deel van ons lidmate en sien daarin ’n oordrewe ingesteldheid om diegene te ondersteun vir wie “om altyd benadeeldes te wees” ’n primere lewenshouding geword het. 7. Ons gee die getuienis rondom die gemeente se onlangse viering van Hervormingsondag sowel as die verklaring en besluit van die Kerkraad aan die Sinodale Diensraad en aan die ASM deur. Die Kerkraad versoek die leraars om ’n brief aan die Diensraad van die Oostelike Sinode te rig waarin hulle standpunt teen die besluit van die Algemene Sinode verwoord word en versoek die Diensraad om binne drie maande ’n spesiale sitting van die Oostelike Sinode byeen te roep waartydens die kerk in sy breë die geleentheid kan kry om hulle weerstand teen genoemde besluit uit te spreek. Ook versoek ons die Sinodale Diensraad om alles in hulle vermoë te doen om die ASM te oortuig om nie die Handelinge van die Algemene Sinode te publiseer alvorens streeksinodes ruim geleentheid gehad het om hulle standpunte te bespreek, te formuleer en na die ASM deur te stuur nie. 8. Indien bogenoemde proses onsuksesvol sou wees, sal die Kerkaad, in oorleg met die gemeente, herbesin, onder andere, rondom die oorbetaal van sinodale bydraes. (Tydens ons vergadering van 5 November 2015 was daar ’n sterk gevoel dat ons as gemeente reeds ons sinodale bydraes moet begin weerhou, maar die leraars het hulle versoek om dit, ten minste vir die huidige, nie te doen nie sodat ons eers alle ander weë kan probeer volg.) Die kerkraad onderneem om die gemeente deurentyd ingelig te hou en om aan hulle die geleentheid te gee om voortdurend hul standpunte te laat hoor. DR. HANCKE VAN BLERK (VOORSITTER) DS. ROELF VAN NIEKERK (MEDELERAAR)

Friday, November 6, 2015

U het ons gebede gehoor, ons trane gesien .....

Here, U het gesê ons moet stil wees en vertrou, U sal die stryd vir ons stry. U HET ons stryd vir ons gestry - - Prys U Heilige Naam! http://hierstaanek.com/2015/11/06/suidkaapse-predikante-stap-uit-vergadering-terwyl-moderator-praat-en-weier-om-nagmaal-te-gebruik-om-hulle-afkeur-aan-die-as-se-besluit-te-toon/

Thursday, November 5, 2015

AS SINODE GAY-BESLUIT HANDHAAF, GEE NG KERK IN KOKSTAD PAD

HIERDIE BERIG WAS NIE ELEKTRONIES BESKIKBAAR NIE, EK HET DIT IN VANDAG SE GEDRUKTE BEELD GELEES EN OORGETIK: Geskryf deur : Pieter Steyn in BEELD Donderdag 5 November 2015. Die NG gemeente Kokstad in KwaZulu-Natal gaan geen kompromieë aangaan oor die algemene sinode se besluit oor gays nie. As die algemene sinode nie tot inkeer kom en sy besluit wysig nie gaan ons stap, het ds Petrus Fouché, leraar van die gemeente, Woensdag gesê. Dit val saam met die besluit van die KwaZulu-Natalse moderamen om die algemene sinode se moderamen te versoek om die besluit uit te stel sodat streeksinodes daaroor kan praat. Intussen het die Namibiese NG kerk aangekondig dat hy nie onderhewig is aan die algemene sinode se besluit oor gays nie. Fouché het Woensdag aan Beeld gesê as die kerk 'n dominee wat 'n gay lewe lei op die kansel toelaat, mag 'n dominee wat 'n alkoholis of pedofiel is die kansel ook bestyg. "Die algemene sinode het die plig gekry om oor die leer en lewe van predikante en kerkraadslede te waak, om die kerk se leer suiwer te hou. Ons verwerp die nuwe rigting wat die algemene sinode inslaan met die volle hartseer en minagting wat dit verdien." Volgens Fouché verval die sola Scriptura-beginsel (net God se Woord is waarheid) deur dié besluit van die algemene sinode. "Die maagdelike geboorte en ander heilsmomente word ook verdag gemaak en so word die tweed solus, sola Christus, verwerp. Die algemene sinode se evangelie verkondig nie meer sonde as 'n breuk tussen God en mens nie, maar as 'n breuk tussen mens en mens wat herstel moet word. Die uitspraak dat die kerk se leer nou in ooreenstemming met die land se Grondwet is, herbevestig dit. "Hierdeur word sonde verskraal tot sosiale denkstelsels waarin menswaardigheid en aardse geregtigheid met die gepaardgaande restitusie onderling die allerbelangrikste faktore in die evangelie word." Fouché sê om weg te breek van die NG Kerkverband, sal die laaste uitweg wees. "Ons sal al die moontlike weë benut, maar sal nie 'n kompromie aangaan nie." Ds Frikkie van der Merwe, moderator van KwaZulu¬-Natal, sê die streeksinode se moderamen vra dat die besluit uitgestel moet word sodat streeksinodes daaroor kan praat. "Ons vra vir 'n kans op streeksinodale vlak om 'n oop gesprek te hê. Ons wil die pad saam loop." Nóg Fouché nóg Van der Mere weet wat die toekoms inhou as die algemene sinode sy besluit nie wysig nie. "Ons sal dan moet kyk wat ons opsies is," het Fouché gesê. Ds Pine Pienaar, moderator van die streeksinode in Namibië, sê afgesien daarvan dat die land se wette nie voorsiening maak vir gay-burgerlike verbintenisse nie, het die algemene sinode dit goedgekeur dat dié streek nie onderhewig is aan die gay-besluit nie. "Namibiese predikante gaan gay-paartjies nie in die eg verbind nie en gay proponente gaan nie in die amp georden word nie.

Wednesday, October 28, 2015

BID VIR ONS LAND, SUID-AFRIKA!

Daar is gevra dat kerke en christene more 29 Oktober 2015 moet vas en bid vir ons land. AS ONS NIE BID NIE GAAN NIEMAND ONS HELP NIE. NET GOD KAN SUID-AFRIKA, EN DUS VIR ONS HELP! Ons Hemelse Vader, ons bid vir berou en bekering. Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde. Ons bid dat U die mense se geestelike Oë + ore sal oopmaak. Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seen. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna. Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld. Ons bede is dat daar 'n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind. Ons bid dit in die Naam van JESUS, ons Koning. Amen

Wednesday, April 22, 2015

#BELHAR: was 'n staatskerk die oogmerk??

MOET LEES! http://hierstaanek.com/2015/04/22/ds-petrus-kriel-die-versplintering-van-die-gedroomde-nuwe-staatskerk/

Tuesday, April 21, 2015

ON XENOPHOBIA

“Collective fear stimulates herd instinct, and tends to produce ferocity toward those who are not regarded as members of the herd.” ― Bertrand Russell, Unpopular Essays

Friday, April 10, 2015

Harken to His voice, to receive His blessings...

King James Bible: Deut 28:2 And all these blessings shall come on thee, and overtake thee, if thou shalt hearken unto the voice of the LORD thy God.

Saturday, April 4, 2015

God keeps His promises...

2Tim 2:13 If we believe not, yet he abideth faithful: he cannot deny himself.

Tuesday, March 24, 2015

#BELHAR - die rustelose SPOOK!

http://www.fak.org.za/belhar-die-rustelose-spook/

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 6- JONA)

Soms is die gestuurdes teensinnig, en moet God "hardhandig" wees.... Jon 1:17 En die HERE het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 5- JONA)

Soms wéét mense dat hulle gestuur is , soos Jona wat nie net die plek nie, maar ook die boodskap van God gehoor het... Jona 1:1-2: En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

Friday, March 20, 2015

#BELHAR: Word hier ultra vires optree?

Vir meer inligting, lees hier: http://glodiebybel.co.za/images/memo_of_agreement_urcsa_and_drc_20130410_ocr.pdf

Thursday, March 19, 2015

BELHAR BRIEF IN BEELD NIE ELEKTRONIES BESKIKBAAR

(In die gedrukte BEELD van Donderdag 19 Maart 2015 op p. 24) BELHAR LEI TOT KLOOF TUSSEN NG KERK EN DIE AFRIKANERS - Liesel Botha van Pretoria skryf: Dit is jammer, maar geen verrassing nie dat streeksinodes en gemeentes toenemend teen die insluiting van Belhar in die NG Kerk se belydenisgrondslag stem . Die rede vir die nee-stem moet aan die NG Kerkleiding toegeskryf word. Hoewel die moderatuur lidmate deur middel van kerklike sensuur die swye wou oplê en openbare debat wou ontmoedig, het hulle self deur middel van hul spreekbuis, "Kerkbode", en 'n gereedskapskis met meer as 70 pro-Belhar-artikels die stemproses onregmatig probeer beïnvloed. Dit is nie juis geloofwaardig nie. Die proses is ook nie administratief deursigtig bestuur nie. Selfs in die oostelike sinode is die feit dat die meerderheid gemeentes nee gestem het, verswyg tot ná die sinode se stemming. Die kerkleiding het ook verswyg dat hulle reeds 'n memorandum van ooreenkoms met die VGK gesluit het oor 'n nuwe naam vir die NG Kerk, dat hulle binnekort kantore gaan deel en reeds opdrag gegee het vir 'n opname van alle kerklike bates met die oog op samesmelting. Die stemproses begin al hoe meer na die 1992-referendum lyk. Die nee-stem is enersyds 'n simptoom van 'n dieperliggende wantroue wat lidmate in die kerkleiding en sinodes het. Andersyds dui die nee-stem op die kloof wat tussen die NG Kerk en Afrikaners ontstaan. Die NG Kerk het Afrikaners ná 1994 gelos en nou los die Afrikaners die kerk.

Saturday, March 14, 2015

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 4)

Soms besef 'n mens NA die tyd dat God 'n Groter Plan met 'n mens se lewe gehad het. So het Josef eers nadat hy met sy broers verenig was, geweet wat God se Plan met hom was: "Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het." Genesis 50:19-20).

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 3)

Soms gebeur dit onwetend en indirek... soos met Josef. Indirek want God praat met hom deur twee drome. In albei van Josef se drome het sy broers voor hom gebuig. Toe Josef vir sy broers van hierdie drome vertel, het hulle hom nog meer gehaat – sy pa het hom hard aangespreek daaroor. Indirek want SY PA stuur hom na sy broers in die veld. Het die jonge Josef enige verband gesien tussen sy drome en die slawehandelaars wat hom gekoop het? Sou hy TOE al besef het dat hy 'n gestuurde van die Here was? "Toe daar van die Midianitiese handelaars verbykom, het die broers vir Josef uit die put uit opgetrek en vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop en dié het hom Egipte toe gevat. " (Gen 37:28)

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 2)

Partykeer is die aanwysings maar effe vaag!! Neem byvoorbeeld Abraham ( met sy eerste roeping was sy naam nog ABRAM). Gen 12:1, 4: En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.... Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran. "GAAN JY ... Toe HET Abram weggetrek..."

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID (I)

God stuur mense. Soms naby, soms ver. Partykeer weet hulle waarheen, partykeer is die aanwysings maar effe vaag. Soms wéét hulle dat hulle gestuur is, soms gebeur dit onwetend... Daar is tye wat dit persoonlik geskied, maar dit kan ook in die algemeen wees. Mense kan blindelings gehoorsaam, soms teensinnig, soms moet God "hardhandig" wees. Maar DAT God die sturende God is, is 'n feit.