Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, November 26, 2015

Geestelike oorlogvoering .... Efesiërs 6:11-16 - SKOENE

Die SKOENE is een deel van die wapenrusting wat 'n paar keer ( direk of indirek) genoem word: "... en as SKOENE aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede (v.15)... ...sodat julle STAANDE kan bly ... (v.11) ...STAAN dan vas... (v.14) Hier bo is 'n prentjie van hoe die skoene min of meer gelyk het. Dit was 'n tipe "spykerskoen" wat hom gehelp het om nie sy balans te verloor nie (onthou dit was meesal een-op-een swaardgevegte). As hy sy vastrapplek sou verloor, het dit nie saak gemaak hoe sterk die res van sy uitrusting was nie – die vyand het so te sê die oorwinning behaal.

No comments:

Post a Comment