Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Saturday, February 23, 2013

NOGTANS... is Oosthuizen toegelaat om in sy pos aan te bly.."

"NOGTANS..." klein woordjie, tog van belang: http://hierstaanek.com/2013/02/24/rapport-nogtans-is-oosthuizen-toegelaat-om-in-sy-redakteurspos-aan-te-bly/

Twee sinvolle briewe in Beeld NIE elektronies beskikbaar nie!

GEVAARLIGTE FLIKKER VIR DIE NG KERK ( Prof. Hoffie Hofmeyer, emiritus professor, departement van kerkgeskiedenis, UP skryf: Selde in die onlangse verlede het die glybaan-alams so skerp afgegaan ook vir die NG Kerk soos tans. Dié waarneming is op die spits gedryf deur die berig “Kerkbode- oernalis geskort ná uitlating”( Beeld, 19 Februarie ) en Abel Pienaar en ander re reaksies daarop ( Beeld, 20 Februarie) . Ernstige vrae ontstaan oor watter karakter die NG Kerk wil uitstraal. Natuurlik moet hy eietyds en oop bly, en ook in die 21ste eeu vaandeldraer van die liefdesevangelie wees. Maar die NGK is myns insien om die volgende redes op ‘n glybaan: *Die groot daling in die afgelope twee jaar van byna 50 000 NG liedmate dui, soos met ons samelewing, op ‘n inherent ernstig siek liggaam. Ondanks mooi verduidelikings wys duisende mense met hul voete hulle is ongemaklik met die huidige NGK; *Die NGK het toenemend onverdraagsaam geword deur die gedurige dooddruk van tallose gebalanseerde stamme. Hoekom sukkel hy, net soos die owerheid, so om ‘n gesonde eenheid in verskeidenheid na te streef?; *Die NGK het in vele opsigte ‘n dissiplinelose kerk geword. Ons wil so graag alles vir almal wees, dat ons later niks vir niemand word nie. Haas enigeen kan maar soos ‘n wafferse Malema sê of doen wat hy wil; *Van integriteit en geloofwaardigheid het min oorgebly. Word die NGK nog enigsins ernstig opgeneem? Het hy hoegenaamd genoeg gedoen in verband met die morele krisis, bandeloosheid en aggressie in die samelewing soos uit Bredasdorp en Silver Wood?; en * Die kern van die glybaan-probleem is dat die NG Kerk plek-plek verleer het om ‘n eietydse Skrifgetroue en belydenisgetroue karakter te handhaaf . Natuurlik moet die kerk oorloop van omgee liefde maar die uitreik na die armes durf nie ‘n oppervlakkige humanisme word nie. Mag dit beskik word dat alle NG mense, wat dit ernstig bedoel met die kerk, dié gevaartekens betyds raaksien. nnnnnnnnnnnnnnnnnnnnnnnnn KERK SOU MOES PA STAAN VIR DIÉ GESPREK Ds. Andries Louw ( emeritus) skryf: Dr. Abel Pienaar se brief “kerk mis weer kans vir ope gesprek “( Beeld, 20 Februarie) het betrekking. Dit is lankal duidelik dat Jean Oosthuizen hom beywer vir die bevordering van die soort geloofsdenke wat ook deur Dr. Pienaar voorgestaan word. Die gesprek by die Woordfees sou duidelik onder sy leiding ook in diens van dié agenda staan. Dit sou ‘n situasie skep dat Kerkbode “pa staan” vir ‘n gesprek waar die mes basiese geloofswaarhede van die Christelike geloof in die openbaar bevraagteken of aangeval sou word – waarskynlik sonder enige teenspraak deur ander wat aan die kerklike belydenis getrou wil bly. Ek ondersteun die direksie se besluit heelhartig. Dr Pienaar het lank reeds, minstens seders y bedanking as leraar en lidmaat van die NG Kerk, die Christelike geloof vaarwel toegeroep en ‘n ander stel “geestelike waarhede “ in die plek daarvan aanvaar. Dit lyk egter asof hy ‘n behoefte het om die NG Kerk van buite af tot sy nuwe denke-insigte te bekeer, Miskien sou die geleentheid by die Woordfees die indruk kon wek dat dit selfs van binne is. Ek gee dr. Pienaar gelyk dat talle lidnate wel “nuut dink” of begin om “anders te glo”. Net so is daar baie wat bekommerd is oor die openbare uitsprake van sommige teoloë en kerkleiers die laaste paar jaar. Ek stem ok saam dat die NG Kerk by ‘n kruispad gekom het, maar om ‘n ander rede. ‘n kerk kan nie op twee stoele sit nie. Kerkbode se besluit laat my oop die kerkleiers begryp dit ook. Tog sou ek eerder van hulle wou hoor dat dit nie om “teologiese konserwatisme” gaan nie, maar om getrouheid aan die evangelie en aan die kerklike belydenis. Ter wille van die oop gesprek is ek bereid om met dr Pienaar in ‘n openbare debat te tree – op voorwaarde dat dit gestruktureerd met ‘n neutrale moderator aan die stuur sal plaasvind. Ek stel voor ons maak die onderwerp: “Kan ons die evangelie nog met integriteit glo?”Ek sal die saak stel dat ons dit inderdaad kan doen.

Monday, February 18, 2013

Kerkbode chaos - Jean Oosthuizen geskors

Kerkbode -chaos met skorsing van Jean Oosthuizen? Lees meer by die skakel

Sunday, February 17, 2013

Kerkbode versus Woordfees - verdere verwikkelinge

gerugte in die wandelgange wil dit hê dat 'n Kerkbode amptenaar wat nou by die dinge betrokke was, blykbaar in die warm water is ... ??

Saturday, February 16, 2013

KERKBODE versus WOORDFEES....

Ek dink nie die NGK leiers hou daarvan om SO uitgebeeld te word nie .... gaan iemand pak slae kry hieroor?

Tuesday, February 12, 2013

Program vir WTL optredes deur Sarel van der Merwe : Koppies

Program vir WTL optredes deur Sarel van der Merwe Wie van julle woon naby Koppies: Dagboek die volgende: NGK KOPPIES Son 24 Feb – Don 28 Feb of Vry 1 Maart 2013 Son 9h30-10h30 en 18h30-20h00 Maan – Don/Vry – 18h30-20h00 1 Sondagoggend: ●Wat het God aan ons geopenbaar oor Satan se eeue-oue en eindtydse misleidings-strategieë. ●Hoe manifesteer Satan se globale misleidings-strategieë in ons dag (Groter prentjie: Oosterse infiltrasie v Weste, New Age- en Intergeloofs-bewegings, Paganisme, ens). ●Kort persoonlike getuienis 2 Sondagaand: Historiese Kritiek, Progressive/Emerging Kerk Deel 1: Alles omvattende paradigmaverskuiwing tov Wêreldbeeld, Godsbeeld, Christologie, Demonologie, Soteriologie, ens 3 Maandagaand: Historiese Kritiek, Progressive/Emerging Kerk Deel 2: Hoe manifesteer dit op Teologiese- en Kerklike terreine in SA 4 Dinsdagaand: Kontemplatiewe Spiritualiteit en Christelike Meditasie en Mistisisme 5 Woensdagaand: Word of Faith, New Apostolic Reformation, Manifest Sons of God, Latter Rain, Valse herlewings, wonderwerke en geestesmanifesstasies 6 Donderdagaand: Hoe reageer Teoloë en Kerkleiers op waarkuwings en kritiek? Wat staan ons nou te doen? 6 Vrydagaand: ??? Indien wel??

Sunday, February 3, 2013

Rob Bell’s book “Love wins” leads to departure of 3000 members!

(AND he himself leaves Mars Hill “in search of a more forgiving faith”) . http://global.christianpost.com/news/rob-bell-tells-how-love-wins-led-to-mars-hill-departure-85995/

Rezolution 2013 - Well-known reformed preachers in South Africa in April

A message not to be missed! http://www.rezolution.co.za/Home.html