Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Tuesday, November 10, 2009

Helping one another....

"It is probably not love that makes the world go around, but rather those mutually supportive alliances through which partners recognize their dependence on each other for the achievement of shared and private goals."
Fred Allen
"Twee vaar beter as een.... as een val, kan die ander hom ophelp" - Prediker 4 vers 9-10 ... Lees gerus die hele stuk - MOOI!

Thursday, November 5, 2009

Lofprysing plaas God in die kollig (Ps 18:3 )

Hierdie is die mees basiese rede om God te prys: Hy is lof waardig. Die mees primitiewe betekenis van “halal “(die Hebeeuse word vir “loof met ‘n luide stem”) is “om te laat skyn”. So deur ons lofprysing plaas ons die kollig op ons God wat waardig is om geprys en verheerlik te word. Hoe meer ons Hom in die kollig plaas, hoe meer laat Hy ons skyn. Mediese navorsing wys op die waarde daarvan om ‘n mens in ‘n helderverligte kamer te sit om depressie te verlig. Hoeveel te meer sal lofprysing die lig van God laat skyn en ons sodoende help om die vreugde van die Here te ervaar.