Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, November 5, 2009

Lofprysing plaas God in die kollig (Ps 18:3 )

Hierdie is die mees basiese rede om God te prys: Hy is lof waardig. Die mees primitiewe betekenis van “halal “(die Hebeeuse word vir “loof met ‘n luide stem”) is “om te laat skyn”. So deur ons lofprysing plaas ons die kollig op ons God wat waardig is om geprys en verheerlik te word. Hoe meer ons Hom in die kollig plaas, hoe meer laat Hy ons skyn. Mediese navorsing wys op die waarde daarvan om ‘n mens in ‘n helderverligte kamer te sit om depressie te verlig. Hoeveel te meer sal lofprysing die lig van God laat skyn en ons sodoende help om die vreugde van die Here te ervaar.

No comments:

Post a Comment