Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Tuesday, March 24, 2015

#BELHAR - die rustelose SPOOK!

http://www.fak.org.za/belhar-die-rustelose-spook/

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 6- JONA)

Soms is die gestuurdes teensinnig, en moet God "hardhandig" wees.... Jon 1:17 En die HERE het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 5- JONA)

Soms wéét mense dat hulle gestuur is , soos Jona wat nie net die plek nie, maar ook die boodskap van God gehoor het... Jona 1:1-2: En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

Friday, March 20, 2015

#BELHAR: Word hier ultra vires optree?

Vir meer inligting, lees hier: http://glodiebybel.co.za/images/memo_of_agreement_urcsa_and_drc_20130410_ocr.pdf

Thursday, March 19, 2015

BELHAR BRIEF IN BEELD NIE ELEKTRONIES BESKIKBAAR

(In die gedrukte BEELD van Donderdag 19 Maart 2015 op p. 24) BELHAR LEI TOT KLOOF TUSSEN NG KERK EN DIE AFRIKANERS - Liesel Botha van Pretoria skryf: Dit is jammer, maar geen verrassing nie dat streeksinodes en gemeentes toenemend teen die insluiting van Belhar in die NG Kerk se belydenisgrondslag stem . Die rede vir die nee-stem moet aan die NG Kerkleiding toegeskryf word. Hoewel die moderatuur lidmate deur middel van kerklike sensuur die swye wou oplê en openbare debat wou ontmoedig, het hulle self deur middel van hul spreekbuis, "Kerkbode", en 'n gereedskapskis met meer as 70 pro-Belhar-artikels die stemproses onregmatig probeer beïnvloed. Dit is nie juis geloofwaardig nie. Die proses is ook nie administratief deursigtig bestuur nie. Selfs in die oostelike sinode is die feit dat die meerderheid gemeentes nee gestem het, verswyg tot ná die sinode se stemming. Die kerkleiding het ook verswyg dat hulle reeds 'n memorandum van ooreenkoms met die VGK gesluit het oor 'n nuwe naam vir die NG Kerk, dat hulle binnekort kantore gaan deel en reeds opdrag gegee het vir 'n opname van alle kerklike bates met die oog op samesmelting. Die stemproses begin al hoe meer na die 1992-referendum lyk. Die nee-stem is enersyds 'n simptoom van 'n dieperliggende wantroue wat lidmate in die kerkleiding en sinodes het. Andersyds dui die nee-stem op die kloof wat tussen die NG Kerk en Afrikaners ontstaan. Die NG Kerk het Afrikaners ná 1994 gelos en nou los die Afrikaners die kerk.

Saturday, March 14, 2015

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 4)

Soms besef 'n mens NA die tyd dat God 'n Groter Plan met 'n mens se lewe gehad het. So het Josef eers nadat hy met sy broers verenig was, geweet wat God se Plan met hom was: "Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het." Genesis 50:19-20).

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 3)

Soms gebeur dit onwetend en indirek... soos met Josef. Indirek want God praat met hom deur twee drome. In albei van Josef se drome het sy broers voor hom gebuig. Toe Josef vir sy broers van hierdie drome vertel, het hulle hom nog meer gehaat – sy pa het hom hard aangespreek daaroor. Indirek want SY PA stuur hom na sy broers in die veld. Het die jonge Josef enige verband gesien tussen sy drome en die slawehandelaars wat hom gekoop het? Sou hy TOE al besef het dat hy 'n gestuurde van die Here was? "Toe daar van die Midianitiese handelaars verbykom, het die broers vir Josef uit die put uit opgetrek en vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop en dié het hom Egipte toe gevat. " (Gen 37:28)

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 2)

Partykeer is die aanwysings maar effe vaag!! Neem byvoorbeeld Abraham ( met sy eerste roeping was sy naam nog ABRAM). Gen 12:1, 4: En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.... Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran. "GAAN JY ... Toe HET Abram weggetrek..."

DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID (I)

God stuur mense. Soms naby, soms ver. Partykeer weet hulle waarheen, partykeer is die aanwysings maar effe vaag. Soms wéét hulle dat hulle gestuur is, soms gebeur dit onwetend... Daar is tye wat dit persoonlik geskied, maar dit kan ook in die algemeen wees. Mense kan blindelings gehoorsaam, soms teensinnig, soms moet God "hardhandig" wees. Maar DAT God die sturende God is, is 'n feit.