Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, March 19, 2015

BELHAR BRIEF IN BEELD NIE ELEKTRONIES BESKIKBAAR

(In die gedrukte BEELD van Donderdag 19 Maart 2015 op p. 24) BELHAR LEI TOT KLOOF TUSSEN NG KERK EN DIE AFRIKANERS - Liesel Botha van Pretoria skryf: Dit is jammer, maar geen verrassing nie dat streeksinodes en gemeentes toenemend teen die insluiting van Belhar in die NG Kerk se belydenisgrondslag stem . Die rede vir die nee-stem moet aan die NG Kerkleiding toegeskryf word. Hoewel die moderatuur lidmate deur middel van kerklike sensuur die swye wou oplê en openbare debat wou ontmoedig, het hulle self deur middel van hul spreekbuis, "Kerkbode", en 'n gereedskapskis met meer as 70 pro-Belhar-artikels die stemproses onregmatig probeer beïnvloed. Dit is nie juis geloofwaardig nie. Die proses is ook nie administratief deursigtig bestuur nie. Selfs in die oostelike sinode is die feit dat die meerderheid gemeentes nee gestem het, verswyg tot ná die sinode se stemming. Die kerkleiding het ook verswyg dat hulle reeds 'n memorandum van ooreenkoms met die VGK gesluit het oor 'n nuwe naam vir die NG Kerk, dat hulle binnekort kantore gaan deel en reeds opdrag gegee het vir 'n opname van alle kerklike bates met die oog op samesmelting. Die stemproses begin al hoe meer na die 1992-referendum lyk. Die nee-stem is enersyds 'n simptoom van 'n dieperliggende wantroue wat lidmate in die kerkleiding en sinodes het. Andersyds dui die nee-stem op die kloof wat tussen die NG Kerk en Afrikaners ontstaan. Die NG Kerk het Afrikaners ná 1994 gelos en nou los die Afrikaners die kerk.

No comments:

Post a Comment