Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Wednesday, September 26, 2012

Behoudendes word onder “kwarantyn” geplaas!

Afgekordon-- “Cordon sanitaire”... Asof ons een of ander aansteeklike siekte het.... my Nederlandse man het my op hierdie uitdrukking gewys, wat op ’n stadium in Nederland in die politiek gebruik is. Hy sê dit is wat met ons gedoen word deur ons te verhoed om ons stemme op plekke soos die NG kerk se Facebook te laat hoor. CORDON SANITAIRE: (From Wikipedia, the free encyclopedia) Cordon sanitaire (French pronunciation: [kɔʁdɔ̃ sanitɛʁ]) — or quarantine line — is a French phrase that, literally translated, means "sanitary cordon". Though in French it originally denoted a barrier implemented to stop the spread of disease, it has often been used in English in a metaphorical sense to refer to ATTEMPTS TO PREVENT THE SPREAD OF AN IDEOLOGY DEEMED UNWANTED OR DANGEROUS…..

Saturday, September 22, 2012

Haren: FACEBOOK invitation leads to riots!

Haren: FACEBOOK invitation leads to riots! How crazy can things get?? http://mg.co.za/article/2012-09-22-when-viral-turns-violent-facebook-party-riot

Friday, September 21, 2012

Koos du plessis se gedig Gebed

“Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen.” (Uit Koos du plessis se gedig “Gebed”) Soveel Bybelse waarhede hier, dit kan maar gerus in die Liedboek kom! Gebed Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my. Elke afdraai paadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het u my iewers kom haal. Maak dit Heer, die laaste maal. Elke dag is ’n gedagte. Elke kamer net gehuur. Elke aardse droom van rykdom en roem, net ’n skadu teen die muur. Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Eindelik smag ek na U waters van rus. Lei my, Heer, vanaand daarheen.

Thursday, September 20, 2012

Sunday, September 2, 2012

Kom lente, liewe lente...

Sekere verse uit Hooglied 2: “Want kyk, die winter is verby ........ Die bloeisels word gesien
die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land. Die
vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur.” Foto van Namakwaland se blomme naby Nieuhoudville: