Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Friday, September 21, 2012

Koos du plessis se gedig Gebed

“Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen.” (Uit Koos du plessis se gedig “Gebed”) Soveel Bybelse waarhede hier, dit kan maar gerus in die Liedboek kom! Gebed Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my. Elke afdraai paadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het u my iewers kom haal. Maak dit Heer, die laaste maal. Elke dag is ’n gedagte. Elke kamer net gehuur. Elke aardse droom van rykdom en roem, net ’n skadu teen die muur. Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Eindelik smag ek na U waters van rus. Lei my, Heer, vanaand daarheen.

No comments:

Post a Comment