Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, December 8, 2016

Die skip wou toe NIE draai nie.....

DIE NG SKIP IS AAN DIE DRAAI berig in die Burger Neels Jackson DIT duur lank om ’n groot skip te draai – maar as hy eers begin draai, kan jy hom nie keer nie. Op ’n manier is dit die storie van die NG Kerk oor die afgelope 20 jaar – ’n storie waarvan ’n volgende episode hom verlede week in Port Elizabeth op die algemene sinode uitgespeel het. In die ou Suid-Afrika was die NG Kerk ’n magtige organisasie met wye invloed. Of dit nou politiek was of kultuur, moraliteit of godsdiens, die kerk het sy aansienlike gewig rondgegooi. Die kentering het in die 1980’s begin. In 1986 het die algemene sinode besluit die NG Kerk is oop. Die proses om finaal afskeid te neem van apartheid sou egter nog lank duur. Die kerk is immers nie ’n maatskappy waar ’n klein direksie vinnig groot besluite kan neem nie. Sodat ’n kerk ’n nuwe koers kan inslaan, is daar breë instemming nodig. Eers in die 1990’s het die algemene sinode apartheid op so ’n manier in ’n besluit verwerp dat die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke bereid was om hom weer as lid te aanvaar. Vroeg in daardie dekade is gesê die lakmoestoets vir die NG Kerk se verwerping van apartheid sou sy aanvaarding van die Belydenis van Belhar wees. Die afgelope algemene sinode het ’n belangrike stap in daardie rigting geneem, maar dit sal nog ’n paar jaar duur voordat dié proses afgehandel is. Maar daar is ’n diepliggender omkeer by die NG Kerk aan die gebeur. Vanuit sy magsposisie was die NG Kerk vroeër gewoond om van bo af na die samelewing te kyk, uit ’n posisie waar hy kon beheer en bestuur. Toe die kerk sy invloedryke plek langs die regering in 1994 verloor het, was daar ’n soort ontreddering. Daar was nie fokus nie. Die kerk moes sy eie identiteit weer ontdek. Dit is iets wat geleidelik gebeur het. Hy kon nie meer van bo af beheer nie, maar vanuit die evangelie het ’n ander motief die kerk begin deursuur: diens. Pleks van ’n benadering van bo af, het die kerk geleer om al hoe meer van onder af ’n betekenisvolle rol in die samelewing te vertolk. Soos Jesus wat gekniel het om die voete van sy dissipels te was. Dit is te danke daaraan dat ’n Nigeriër wat vroeër op Port Elizabeth se strate dwelms verkoop het, die afgelope week kon vertel hoe sy lewe danksy die NG Kerk omgekeer het: “Dié kerk het my van niks af opgetel. Hulle het my die man gemaak wat ek nou is.” Sulke verhale, wat eens ondenkbaar sou wees, word al hoe meer in die NG Kerk gehoor. Verhale van wit Afrikaners wat tot die oortuiging gekom het dat hulle moet uitreik na mense wat nie soos hulle is nie. Verhale van mense sonder hoop en sonder uitsig vir wie ’n nuwe toekoms geskep word. Nie om politieke of ander opportunistiese redes nie, maar omdat die evangelie hulle daarvan oortuig het. Vandeesweek is die punt bereik dat die algemene sinode sy steun toegesê het aan dié missionale beweging waarin die kerk homself wil “weggee”. Dit sal nog lank wees voordat die hele skip op hierdie koers is. Boonop is daar aspekte waarmee die kerk nog baie sukkel, SOOS IN SY STANDPUNTE OOR HOMOSEKSUALITEIT. Die NG Kerk praat deesdae graag oor menswaardigheid, maar solank kerkmense gays stereotipeer en byvoorbeeld die reg op ’n huwelik wil ontsê, sal dit hol woorde bly. MAAR OOK WAT DIT BETREF, IS DIE SKIP AAN DIE DRAAI. Baie mense sal voel die groot draai van die skip gaan te stadig. Vir ander is dit ontstellend vinnig. Maar vir almal is dit waarskynlik onomkeerbaar. Neels Jackson is die kerksakeverslaggewer van Beeld, ’n susterskoerant van Die Burger. http://www.dieburger.com/opinie/2013-10-13-maandag-aktueel-die-ng-skip-is-aan-die-draai

Sunday, July 17, 2016

#NGKerk en elke lidmaat moet kennis neem http://www.glodiebybel.co.za/index.php/wie-is-wie/1163-wat-is-die-wereldraad-van-kerke.html

Wednesday, April 6, 2016

#NGKerk # SGV2015 Aartsbiskop staan vas teen kerk se gay besluit

Navolgenswaardig. https://americananglican.org/current-news/reflections-archbishop-mouneer-aniss-boycott/

Wednesday, March 16, 2016

#NGKerk Vir Prof Willie Esterhuyse is God 'n metafoor

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/wie-is-wie/1137-willie-esterhuyse.html?utm_source=twitterfeed&utm_medium=twitter

Tuesday, March 15, 2016

Dr Peet Botha se ope brief re #SGV2015 aan die #NGKerk

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/1102-ope-brief-aan-die-ng-kerk-peet-botha.html

Friday, February 26, 2016

#NGKerk Ons KAN die Bybel vertrou - Afdruk van Hiskia se seël gevind

http://hierstaanek.com/2016/02/26/n-skok-vir-die-ouens-wat-dink-die-bybel-is-vol-foute/

Tuesday, February 9, 2016

Sunday, February 7, 2016

Chris van Wyk oor Bartlett se uitleg #SGV2015 #NGKerk

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/component/content/article/1132-bartlett-se-uitleg-verkeerd.html?utm_source=twitterfeed&utm_medium=twitter

Saturday, February 6, 2016

#NGKerk #SGV2015 Gereformeerde kerk neem vreemde Skrifhantering in oënskou

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/1131-vreemde-skrifhantering-rondom-besluit-van-die-ngk.html?utm_source=twitterfeed&utm_medium=twitter

Thursday, January 28, 2016

Kerkbode se gay-debat rakende #SGV2015 van die #NGKerk

Kerkbode vra bydraes tot albei kante van die gay debat . Hier is myne: Op die SGV-konferensie wat verlede jaar by Stellenbosch se teologiese fakulteit gehou is, het prof. Louis Jonker erken dat hulle "nuwe hermeneutiese sleutels" gebruik het om krities na die SGV-besluite vóór 2000, 2007 en 2013 te kyk om by die SGV2015-besluit uit te kom. Die gevaar van eie-ontwerpte hermeneutiese sleutels is dat jy alle ander sake op dieselfde manier kan ombuig om te wees wat jy wil hê dit moet wees - dit word 'n "spanner" waarmee jy alles draai om jou te pas, soos prof. Jan van der Watt sê. Met hierdie besluit het die piepklein groepie (200 afgevaardigdes) die NG kerk buite die wêreldwye groter familie van gereformeerde kerke geplaas wat deur die eeue en tot vandag nog sê dat selfdegeslagverhoudings Bybels onaanvaarbaar is. Die heftige reaksie van kerkrade landswyd en ook hele streeksinodes vertel hul eie verhaal, asook die kennisgewings van appѐl wat ingedien is. Prof Jonker se "sleutels" is volgens hom histories en literêr en hulle het volgens hom, hulle ook op die natuurwetenskappe beroep. Deur laasgenoemde te doen, het hulle 'n streep getrek deur artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis: "God maak Hom nog duideliker en meer volkome aan ons bekend deur Sy Heilige en Goddelike Woord." Wêreldbeeld en wetenskap, kultuur, geskiedenis, en so meer is ondergeskik aan die Goddelike Woord. God het 'n skeppingsorde waarvan ons in die eerste hoofstukke van Genesis lees. Ons lees ook daar van sy ideale plan VOOR die sondeval. Sy opdrag aan mens, dier en plant is om vrugbaar te wees, te vermeerder en die aarde te vul. Daarom het Hy geslagtelikheid geskep, by plant, dier en mens. Hoe kan daar aan hierdie opdrag van God voldoen word met selfdegeslagverhoudings. http://kerkbode.bybelmedia.org.za/2016/01/die-gay-debat-basis-argumente/

Wednesday, January 27, 2016

Moving story of how Ingrid Bergman came to Christ

HOW INGRID BERGMAN CAME TO CHRIST - By J. Christy Wilson. The movie, “The Inn of the Sixth Happiness,” in which Ingrid Bergman starred, won many awards. It is the missionary biography of Gladys Aylward, who went as an English maid to serve in China. She worked with Jenny Lawson, who had started an inn to reach muleteers going into northwestern China with the good news of Jesus Christ. This was called “The Inn of the Sixth Happiness.” Besides the fives joys which the Chinese usually have, the “sixth happiness” was the Gospel. During the Japanese invasion, Gladys Aylward took more than 100 orphans by foot through the mountains on a difficult journey to safety. One of her converts to Christ, formerly a criminal, went on along to help her. But, as the enemy soldiers were about to discover them, he ran in the opposite direction and shouted, acting as a decoy to save them. As a result, he was shot and killed, but the others were saved. Gladys and the children held his funeral. There she reads the words of Jesus Christ, “Greater love has no man than this, that a man lays down his life for his friends.” Gladys and all the children finally reached the Yellow River and were safe. When Gladys heard that Ingrid Bergman was going to play her part, she was very upset because she knew this Hollywood actress and children to marry an Italian movie producer. By then Gladys was in Taiwan. She shared her concerns with Madame Chiang Kai-Shek, with whom she prayed regularly. After they had brought this before the Lord, Madame Chiang was confident that God had heard and would overrule. Ingrid Bergman was so deeply moved while playing the part of Gladys that she made a special trip to Taiwan to meet her. Only days before she arrived, however, Gladys got the flu and died. Seeing Ingrid’s disappointment, Gladys’ co-worker, Katherine Smith, asked Ingrid if she would like to see the simple room where Gladys had lived. Ingrid fell down beside Gladys’ bed and wept, saying she was unworthy to play the life of such a woman of God. Katherine then had the opportunity to lead Ingrid through the steps to peace with God, showing her that Christ had died for her sins. Ingrid prayed the prayer of repentance and received Jesus as her Savior and Lord. Only a few months later, Ingrid died of cancer. Before she died, she took part in the Easter sunrise service of the Presbyterian Church in Palm Springs, California, reading from the Scriptures the account of the resurrection. Although her movie career had won her many accolades, Ingrid’s greatest reward was receiving eternal life through Jesus Christ. https://www.movieguide.org/news-articles/how-ingrid-bergman-came-to-christ.html

Sunday, January 17, 2016

#SGV2015 #NGKerk se mees noordelike "provinsie" (Namibië) skop af in 2016...

http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.co.za/2016/01/hier-bo-in-die-noorde.html

Thursday, January 14, 2016

#SGV2015 #NGKerk Konserwatiewes in Anglikaanse kerk staan vas

http://www.telegraph.co.uk/news/religion/12100648/Anglicans-step-back-from-brink-of-schism-over-homosexuality.html