Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Wednesday, October 28, 2015

BID VIR ONS LAND, SUID-AFRIKA!

Daar is gevra dat kerke en christene more 29 Oktober 2015 moet vas en bid vir ons land. AS ONS NIE BID NIE GAAN NIEMAND ONS HELP NIE. NET GOD KAN SUID-AFRIKA, EN DUS VIR ONS HELP! Ons Hemelse Vader, ons bid vir berou en bekering. Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde. Ons bid dat U die mense se geestelike Oë + ore sal oopmaak. Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seen. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna. Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die geweld. Ons bede is dat daar 'n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind. Ons bid dit in die Naam van JESUS, ons Koning. Amen