Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, October 13, 2011

Die NG Kerk is TEEN vryheid van spraak!!

Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat Louis le Roux (lees van die berigte ondertoe) aangesê is om by die Algemene Sinode op te pak en te loop, en al sy plakkate te verwyder - blykbaar het die moderatuur dit gevra!! So ek neem aan die seisoen van luister is nou amptelik verby? of is dit Zuma se inligtingswet wat so stil-stil deur die parlement is?

Wednesday, October 12, 2011

Engele as boodskappers van God!

Engele is boodskappers - - soos Michael vir wie Louis die Bybel gegee het Migael = Die Here se boodskap aan Louis en aan ons wat net soos hy voel! ek kyk vanoggend die foto weer so: wat het Michael in sy hand? Die BYBEL! Glo die BYBEL!! NET die Bybel!

Die Bybelboek Judas, waar Migael die “aartsengel” genoem word, is JUIS dié boek in die Bybel wat handel oor valse leraars!

Verdere inligting oor Migael:
Aartsengel. God se Woord noem Migael “die aartsengel” (Judas 9). Hierdie term beteken “vernaamste engel”. Let daarop dat Migael die aartsengel genoem word. Dit gee te kenne dat daar net een van hierdie engele is. Trouens, die woord “aartsengel” kom alleenlik in die enkelvoud in die Bybel voor, nooit in die meervoud nie. Wat meer is, Jesus word met die amp van aartsengel verbind. Aangaande die verrese Here Jesus Christus sê 1 Tessalonisense 4:16: “Die Here self sal uit die hemel neerdaal met ’n gebiedende roep, met ’n aartsengel se stem.” Jesus se stem word hier beskryf as dié van ’n aartsengel. Hierdie teks gee dus te kenne dat Jesus self die aartsengel Migael is.

Goddelike afspraak: Louis en Michael

Louis le Roux, wie se foto verlede Sondag

in Rapport verskyn het by die berig oor die plakkaat veldtog by die NG Kerk se Algemene Sinode, is seker dat hy 'n Goddelike afspraak met Michael gehad het.... terwyl hy daar gestaan het, het Michael na hom gekom en so mooi en dringend gevra vir 'n Bybel - Louis het gehoor gegee , en hierdie foto is van Michael en die Bybel wat Louis vir hom gegee het. "Dit was 'n hemelse ervaring wat ek nooit sal vergeet nie", sê Louis en ek is seker Michael voel net so - kyk daardie glimlag!

"Jesus is die Een" - nuwe boek van Prof Johan van Rensburg

Lees hier meer oor die nuwe boek:

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/426-jesus-is-die-een-johan-janse-van-rensburg.html

Tuesday, October 11, 2011

Dr Kobus Gerber wens Nelus Niemandt geluk

En nog 'n interessante hooftooisel . . . Wie is die simpel fotograaf wat nie sulke goed raaksien nie???

Monday, October 10, 2011

Nelus Niemand gekies tot moderator van die NG Kerk


Interessante hooftooisel. . .

NG Kerk algemene sinodesitting

Volg die NG Kerk se AS - sitting by #NG kerk op TWITTER

Sunday, October 9, 2011

Dai Llama prenkie regs bo . . .

DANKIE Liza , met jou besondere talente het jy die "onplakbare" prentjie hier geplak gekry!

Saturday, October 8, 2011

NG lidmate se plakkaat-veldtog (VOLKSBLAD)

In gister se VOLKSBLAD:
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/NG-Kerk-lidmate-beplan-plakkaat-veldtog-20111007

Beswaardes eis getrouheid aan die Bybel

Lees in RAPPORT:
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Beswaardes-eis-getrouheid-aan-Bybel-20111008

Tuesday, October 4, 2011

Die Algemene Sinode en die duiwel

Wynand Louw trek interessante parallelle tussen die ontkenning van die bose en Panenteïsme - - ek wonder of die opstellers van die besprekingspunt dit besef?
Lees meer op hierdie twee plekke:
http://hierstaanek.com/2011/10/05/die-algemene-sinode-van-2011-en-die-duiwel/
http://hierstaanek.com/2011/09/22/31/

“Omdat engele manifestasies van god is kan hulle nie teen god rebelleer nie. In panenteïsme is daar dus ’n paar moontlikhede:
• God is beide goed en boos. (dualisme) Boosheid en sonde is ‘n manier waarop god nuwe ervarings opdoen.
• God is goed maar onmagtig om die bose te keer omdat sy almag ingeperk word deur die vrye wil van die skepping.
• Satan en sy demone bestaan nie”