Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Friday, May 10, 2013

MOEDERSDAG-GEDAGTES: Soos ‘n hen … hoe lief God ons het

Die Bybel het pragtige metafore om God se liefde vir ons uit te druk, soos die volgende: Lukas 13:34 : “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak SOOS 'N HEN HAAR KUIKENS ONDER HAAR VLERKE, maar julle wou nie!” Ander plekke waar God se liefde met moederliefde vergelyk word: Jesaja 49:15: “Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.” Isaiah 66:13: “Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”

Thursday, May 9, 2013

Hemelvaart: die Seënende Jesus Christus...

" En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. EN TERWYL HY HULLE SEËN, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.( Luk 24:50-51 ) - Waarskynlik het Jesus sy dissipels met die hoëpriesterlike seën geseën TERWYL Hy opgevaar het. Mag ons almal vandag Hemelvaartdag, die nabyheid van die Seënende Jesus op 'n besondere manier ervaar.