Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Wednesday, October 12, 2011

Engele as boodskappers van God!

Engele is boodskappers - - soos Michael vir wie Louis die Bybel gegee het Migael = Die Here se boodskap aan Louis en aan ons wat net soos hy voel! ek kyk vanoggend die foto weer so: wat het Michael in sy hand? Die BYBEL! Glo die BYBEL!! NET die Bybel!

Die Bybelboek Judas, waar Migael die “aartsengel” genoem word, is JUIS dié boek in die Bybel wat handel oor valse leraars!

Verdere inligting oor Migael:
Aartsengel. God se Woord noem Migael “die aartsengel” (Judas 9). Hierdie term beteken “vernaamste engel”. Let daarop dat Migael die aartsengel genoem word. Dit gee te kenne dat daar net een van hierdie engele is. Trouens, die woord “aartsengel” kom alleenlik in die enkelvoud in die Bybel voor, nooit in die meervoud nie. Wat meer is, Jesus word met die amp van aartsengel verbind. Aangaande die verrese Here Jesus Christus sê 1 Tessalonisense 4:16: “Die Here self sal uit die hemel neerdaal met ’n gebiedende roep, met ’n aartsengel se stem.” Jesus se stem word hier beskryf as dié van ’n aartsengel. Hierdie teks gee dus te kenne dat Jesus self die aartsengel Migael is.

2 comments:

  1. Hi Henrietta. Nee ek glo nie die teksvers impliseer dat Jesus die aartsengel Migael is nie. Dit is 'n dwaling wat deur die Jehova Getuienisse/ Wagtoring Traktaat Vereniging verkondig word.

    Paulus leer dit ook nie. In 1 Tessalonisense 4:16 identifiseer hy 3 dinge wat terselfdertyd gebeur met die terugkoms van Christus: 1. Jesus roep met 'n luide stem 2. 'n Trompet van die Here word gehoor 3. en die stem van 'n aartsengel is teenwoordig tydens die Here se neerdaal. Dus drie dinge/gebeurtenisse wat tegelykertyd plaasvind...

    Ter stawing uit die boek Daniel:
    *Michael is said to be "one of the leading princes"
    [Dan.10:13 Jerusalem Bible]

    *Michael is said to be "one of the princes"
    [Dan.10:13 The Septuagint]

    *Michael is said to be "one of the chief princes"
    [Dan.10:13 New King James Bible]

    *Michael is said to be "one of the chief princes"
    [Dan. 10:13 New American Standard]

    *Michael is said to be "one of the chief princes"
    [Dan. 10:13 New International Version]

    *Michael is said to be "one of the chief princes"
    [Dan.10:13 The Holy Scriptures according to the Masoretic Text, Jewish Publications Society]

    *Michael is said to be "one of the foremost princes"
    [Dan10:13 New World Translation]

    ReplyDelete
  2. dankie Liza, goed om te weet! Henrietta

    ReplyDelete