Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Saturday, January 1, 2011

Nuwejaarsgebed vir vriende en familie

Dierbare Here,
dankie dat U ons na U beeld vorm,
en dat U ons voorberei vir ‘n wonderlike en belangrike bestemming.
Vergewe ons dat ons ons terugtrek in ons eie karige en beperkende drome.
Wanneer ons dit doen, ontneem ons U die vryheid
om ons te gebruik as U mond, U hande en U hart.
Ons wil graag elke dag van ons lewe
U wêreld-grootte drome vir ons vervul.
En eendag in die ewigheid wil ons ons in U arms werp
en graag die woorde hoor: “Mooi so!”
Ons bid Here, brei ons invloed en impak vir U uit
ver bo die grootste wat ons ons kan voorstel.
Ons is U toegewyde dienaars.
Hier is ons Here, stuur ons asseblief!
Amen

No comments:

Post a Comment