Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Sunday, January 9, 2011

Geleidelike prysgee van Christelike beginsels

Weereens akkommodasie by ‘n Universiteit om aan te pas by die heersende kulturele en filosofiese klimaat in Suid-Afrika - die subtiele prysgee van Christelike beginsels om aanvaarbaar te wees nasionaal en internasionaal (PU vir CHO moes dieselfde doen). Raak ons Christelike "paddas" geleidelik aan die temperatuur van die stadig-kokende pot water gewoond? (Lees verder)

1 comment:

  1. In gister se Rapport:

    ‘God’ uit Kovsies se leuse gehaal

    Herman Scholtz

    ’n Storm in die kleine het losgebars oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit om die woord “God” in sy leuse deur die woord “waarheid” te vervang.

    Beswaarmakers meen die weglating van “God” uit In Deo Sapientiae Lux (In God is die lig van wys¬heid) ontneem die UV sy tradisioneel Christelike karakter.

    Die nuwe leuse, In Veritate Sapientiae Lux (In waarheid is die lig van wysheid), is reeds deur die senaat en universiteitsraad goedgekeur, maar word glo eers einde Januarie amptelik bekend gestel.
    Teen gister het die nuwe leuse egter reeds op die UV se webblad gepryk.

    Lees meer hier:
    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/God-uit-Kovsies-se-leuse-gehaal-20110108

    ReplyDelete