Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Sunday, April 18, 2010

“VAT VLAM” HERLEWINGSFEESTE 2010


Die “Vat vlam”-herlewingskonferensies staan gehou te word op 18 Mei te Moreleta Park Gemeente en ook in die NG Kerk moedergemeente te Worcester. Tydens Pinkster 2010 herdenk ons die 1860 herlewing wat in die tyd van Ds Andrew Murray begin het. Die doel is om God te dank vir dit wat Hy doen en gedoen het, maar ook om Hom opnuut te vertrou vir herlewing in sy kerk.

1 comment:

  1. 1. Die twee plekke is die Worcester NG Moedergemeente: 6-8 Mei 2010. (Sien www.heartcrysa.com) en
    2. Moreletapark Gemeente, Woodlands, Pretoria. 14-15 Mei 2010 (Sien www.moreleta.org)

    Lees ook meer hier:
    http://www.mymoreleta.org/events/vat-vlam-herlewingskonferensie
    http://www.sinoos.co.za/news/item/familienuus_157?PHPSESSID=320107075c669294a4ab01af94596cd9
    150 jaar gelede het God ’n groot deel van ons land besoek met herlewing. Die herlewing het uitgebreek in Worcester en versprei na ander dorpe in die Hexriviervallei. Hierdie gebeure staan ook bekend as die Andrew Murray herlewing. Gedurende hierdie herlewing het duisende mense na God teruggedraai. Honderde sendelinge is vanuit gemeentes die wêreld ingestuur en ’n nuwe passie vir gebed het in die kerk posgevat. Sending opleiding, gebedskole en ander opleiding het uit die herlewing ontstaan. Een van die wonderlike gevolge van hierdie herlewing is die Pinsterbidure wat vandag nog deel van die Kerk se erfenis is.

    ReplyDelete