Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Wednesday, July 20, 2011

“Wie is die ware konkelaars ?”

Dr. Slabbert le Cornu oor Ferdie Mulder se boek, Opgestaan, op sy webwerf (hier: http://proregno.wordpress.com/2011/07/20/boekbespreking-opgestaan-deel-1/ )
In ‘n neutedop wil ek, vanuit my eie perspektief, die gebeure van 2001-2006 saamvat, deur die vraag te vra volgens prof. Jurie Le Roux se 'gekonkel woorde', wie nou eintlik die ware konkelaars is ? Ek meen:
Die vervolging, onreg en verkleinering wat plaasgevind het teen Ferdie en medestudente in die jare 2001-2006, en nog belangriker om die sentrale leerstuk van die liggaamlike opstanding van Christus te negeer deur hulle te vervolg wat beskerm moes word, en hulle vry te spreek wat skuldig is aan dwalinge - is die gevolg van die ‘gekonkel’ van dwaalleraars en magspeletjies van kerklike broederbonders (soos gesien kan word in die 7 verhore wat tydens hierdie saak daaroor plaasgevind het), wat mense en mense-aansien meer vrees en respekteer as vir God en sy gebod (contra Spr.29:25 en Mark.8:38). In deel 2 van my bespreking wil ek daarop wys in antwoord op Le Roux wat die vroeë kerk beskuldig van 'n 'gekonkel' van die Woord, dit eintlik hoër kritiese en postmodernistiese teoloë is wat ala 'Da Vinci Code' filmteologie besig is om te konkel met die Woord, die kerkgeskiedenis en ons gereformeerde belydenisskrifte, al vir dekades lank.” (Lees verder).

No comments:

Post a Comment