Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Monday, November 22, 2010

Gereformeerde Kerk worstel ook oor Skrifgesag, evolusie.

Hersien leer oor gesag van die Bybel (‘n berig van Neels Jackson, in vandag, se Beeld)
Die leer oor die gesag van die Bybel moet hersien word. So reken mnr. Marinus Wijnbeek, Wetenskaplike wat nou in Nederland bly, in ‘n debat oor skepping en evolusie in Die Kerkblad van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Prof. Paul Krüger van die Teologiese skool Potchefstroom meen dat die saak van die skepping en evolusie “waarskynlik dié strydpunt van die 21ste eeu gaan word in die geledere van tradisioneel-konserwatiewe of evangelies-gesinde kerke” . Dit het dié potensiaal omdat dit nou verweef is met Skrifbeskouing en beskouing oor sonde, verbond en verlossing. (Lees verder onder opmerkings)

1 comment:

  1. In die debat waaraan teoloë en wetenskaplike is nie afgelope twee uitgawes van Die Kerkblad deelgeneem het, kom uiteenlopende standpunte na vore wat die vertolking van die Bybelse skeppingsverhale aanbetref.

    Aan die een kant is daar mense wat letterlik wil glo wat in die Bybel staan.

    Krüger, ‘n Ou Testamentikus, sê dat hy nog nie oortuig kon word daarvan dat die hoofstukke oor die skepping bloot in simboliese taal, of in die taal van die antieke mites geskryf is nie.

    Aan die ander kant pleit mense soos prof. W.L. Rautenbach, afgetrede professor in kern- en toegepaste fisika aan die Universiteit van Stellenbosch, dat daar ernstig besin moet word oor die vertolking van die Bybel vir die tyd waarin mense nou lewe.Hy vertel hoe hy aan die destydse Potchefstroom se Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer het en sterk teen die evolusieleer gekant was.
    Wetenskaplike bevindings het hom egter mettertyd oortuig dat evolusie “vandag wetenskaplik besonder goed begrond is” .

    Wijnbeek, wat ‘n ouderling in die GKSA was, meen die manier waarop die skepping in die Bybel voorgestel word, is nie deel van die openbaring van die Bybel nie. Hy verwys na die siening dat die Bybel letterlik, woord vir woord, die onfeilbare Woord van God is, en sê dis duidelik dat die leer oor skrifgesag hersien moet word.

    Dieselfde sake wat onder andere in die ”Trojaanse perd” aangespreek word ....

    ReplyDelete