tag:blogger.com,1999:blog-1794694055506961239.post5884556941010611674..comments2023-06-13T13:56:15.768-07:00Comments on Help, Henrietta!: Gereformeerde Kerk worstel ook oor Skrifgesag, evolusie.Henriettahttp://www.blogger.com/profile/17308892136309292383noreply@blogger.comBlogger1125tag:blogger.com,1999:blog-1794694055506961239.post-75597184151444540392010-11-22T10:21:31.219-08:002010-11-22T10:21:31.219-08:00In die debat waaraan teoloë en wetenskaplike is ni...In die debat waaraan teoloë en wetenskaplike is nie afgelope twee uitgawes van Die Kerkblad deelgeneem het, kom uiteenlopende standpunte na vore wat die vertolking van die Bybelse skeppingsverhale aanbetref.

Aan die een kant is daar mense wat letterlik wil glo wat in die Bybel staan.

Krüger, ‘n Ou Testamentikus, sê dat hy nog nie oortuig kon word daarvan dat die hoofstukke oor die skepping bloot in simboliese taal, of in die taal van die antieke mites geskryf is nie.

Aan die ander kant pleit mense soos prof. W.L. Rautenbach, afgetrede professor in kern- en toegepaste fisika aan die Universiteit van Stellenbosch, dat daar ernstig besin moet word oor die vertolking van die Bybel vir die tyd waarin mense nou lewe.Hy vertel hoe hy aan die destydse Potchefstroom se Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer het en sterk teen die evolusieleer gekant was.
Wetenskaplike bevindings het hom egter mettertyd oortuig dat evolusie “vandag wetenskaplik besonder goed begrond is” .

Wijnbeek, wat ‘n ouderling in die GKSA was, meen die manier waarop die skepping in die Bybel voorgestel word, is nie deel van die openbaring van die Bybel nie. Hy verwys na die siening dat die Bybel letterlik, woord vir woord, die onfeilbare Woord van God is, en sê dis duidelik dat die leer oor skrifgesag hersien moet word.

Dieselfde sake wat onder andere in die ”Trojaanse perd” aangespreek word ....Henriettahttps://www.blogger.com/profile/17308892136309292383noreply@blogger.com