Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Wednesday, May 2, 2012

die Mulder: Soekend vars nagedink oor ons liggaamlike opstanding

’n Pragtige, sielsverheffende stuk oor die opstanding van Jesus - - Dankie, dankie DANKIE my Hemelse Vader, wat so ryklik in my Here, Jesus Christus se opstanding voorsien het! Vir my is hierdie stuk áángrýpend mooi! Terwyl ek lees, kom daar by my ’n toenemende nuuskierige opgewondenheid, ’n blye verlange na dié dag wanneer ek “beklee” gaan wees met wat ons Vader in Sy Wysheid bedoel het my “wese” sal wees, wanneer my liggaam-saadjie met heerlikheid (soos wat ek in my wildste drome nie kan voorstel nie!) beklee gaan word. Dit is loshande die mees “up-lifting” stuk wat ek in my lewe gelees het – dit voel of ek sweef hier waar ek voor my rekenaar sit en lees. Dit herinner my aan iets moois wat prof Daniël Louw geskryf het, wat vir my so geraak het, dat ek dit neergepen het: “Vir die Christelike lewensgevoel is elke oggend se opstaan na die nag se slaap ‘n eskaton in die kleine. Elke nuwe dag is ‘n uitdaging aan die gelowige om in sy verwerking van sin – binne die ruimte van die kerk – ‘n teken op te rig van die komende ryk van God. Binne hierdie eskatologiese perspektief is troos as bystand in smart, vermindering van leed, bestryding van onreg, verbering van die wêreld en opheffing van mens-onterende diskriminasie, ‘n pastorale verantwoordelikheid. Elke aand bring vir die Christelike lewensgevoel die ondekking: die eskaton in die groete is nog nie! (1985. Sin in lyding: Teologiese besinning rondom kruis en opstanding, p.132) Lees self hier: http://www.opgestaan.com/2/post/2012/04/nuut-soekend-vars-nagedink-oor-ons-liggaamlike-opstanding-ferdie-mulder-2-mei-2012.html

No comments:

Post a Comment