Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Saturday, May 26, 2012

Tussen Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees....

Onder die opskrif “ Pinkstersiklus” staan daar op die webwerf van Lytteltonoos ( http://www.lytteltonoos.org.za/kerkjaar/ ) die volgende:



“Die Pinkstersiklus loop uit op die Koninkrykstyd. God se koninkryk breek in hierdie wêreld in deur die geboorte van Jesus die Seun van God, sy lewe, sy sterwe, sy opstanding, en die uitstorting van sy Gees. So kom die kerk, Jesus se liggaam op aarde tot stand. Dit is die kerk se taak om tekens van hierdie koninkryk in die wêreld op te rig. Koninkrykstyd is ‘n tyd waarin daar klem gelê word op die taak en roeping van die kerk van Christus. Die kerk leef uit die krag van die Kersgebeure, die Paasgebeure en die Pinkstergebeure.”

Sondag herdenk ons Pinksterdag - laat ons fees vier!

No comments:

Post a Comment