Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Monday, June 13, 2011

Herlewing...

150 jaar gelede het God ’n groot deel van ons land besoek met herlewing. Die herlewing het uitgebreek in Worcester en versprei na ander dorpe in die Hexriviervallei. Hierdie gebeure staan ook bekend as die Andrew Murray herlewing. Gedurende hierdie herlewing het duisende mense na God teruggedraai. Honderde sendelinge is vanuit gemeentes die wêreld ingestuur en ’n nuwe passie vir gebed het in die kerk posgevat. Sending opleiding, gebedskole en ander opleiding het uit die herlewing ontstaan. Een van die wonderlike gevolge van hierdie herlewing is die Pinsterbidure wat vandag nog deel van die Kerk se erfenis is.

Hoe staan dit tans in Suid-Afrika t.o.v. herlewing?

No comments:

Post a Comment