Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Sunday, September 19, 2010

My Pa is die Koning van die heelal jy weet!

(Uit Danie Botha se lied: My Pa is die Koning)

My Pa is die Koning van die heelal jy weet .... ek is die Koning se kind, ja dit maak my 'n prins (prinses)...


Jy glimlag so breed as jy my vriendelik groet
Jy lyk tog so selfversekerd
Met die wêreld aan jou voete
Voel jy soos 'n reus,
bly die lewe 'n fees

As teëspoed jou tref, dan skeel dit jou min
Dit lyk of jy dans as jy loop
Ek kon dit nooit verstaan nie
Ek moes die antwoord hê, en toe hoor ek jou sê:

Refrein:
My Pa is die Koning van die heelal jy weet
En kom wat wil ek sal dit nooit vergeet
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, ja dit maak my 'n prins
My lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie, dit sê ek jou nou
My Pa is die Koning onthou

Hoe moes ek nou voel, ek wens ek was jy
Maar ek's net 'n gewone ou
Dit klink onregverdig
Om 'n koning te hê vir wie jy Pa kan sê

Toe't jy my genooi, jy sê kom luister nou mooi
Hoe kan jy tog so gou vergeet?
Ons is mede erfgename
En toe ek my kon kry, to sê jy vir my:

Refrein:
Jou Pa is die Koning van die heelal jy weet
En kom wat wil jy moet dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Jy's die Koning se kind, ja dit maak jou 'n prins
Jou lewe is Christus, selfs die dood is 'n wins
Vir niks is jy bang nie, of wat sê ek nou
Jou Pa is die Koning onthou

7 comments:

  1. Ek is bly jy het dit raakgelees ... ek loop dit dikwels en neurie!

    ReplyDelete
  2. Baie dankie! Afrikaans is nie my eerste taal nie, so hierdie help my om die lied te sing.

    ReplyDelete
  3. Hi Sharon! Wonderlik om van jou te hoor. Dit is een van my favourite liedere in Afrikaans! Louis Britz sing dit, ook Juanita du Plessis. Google dit gerus. Luister hier na 'n MP3:

    http://www.loudtronix.me/search/My-Pa-Is-Die-Koning

    Seënwense, Henrietta

    ReplyDelete
  4. En hier is Juanita se Youtube:

    https://www.youtube.com/watch?v=HCmFt7HMGH4

    ReplyDelete
  5. I see we share a love for Jesus, Sharon! I am now following you on Twitter

    ReplyDelete
  6. Dankie Henrietta! Because of you, I'm listening to Louis Brittz now. I can tell that I'm going to enjoy him!

    ReplyDelete