Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Sunday, September 19, 2010

Kinderwet in Suid-Afrika

Om deel te wees van ‘n baie jong demokrasie, het voordele. Een daarvan is die besondere kinderwet wat vanjaar in SA van krag geword het, na baie jare van intensiewe navorsing. Dit bring ’n nuwe bedeling vir kinders waarin hul beste belange deurgaans vooropgestel word.

Maatskaplike werkers is veral dankbaar dat die wet gebruik kan word waar kontak met kinders as straf deur die ander ouer weerhou word of enige ander wyse gebruik word om een van die ouers te boelie, en kinders gebruik word om die ander ouer se wense te vervul, hoe onregverdig ook al.

No comments:

Post a Comment