Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Tuesday, June 15, 2010

Hoeveel fluitspelers is daar nog in die NG kerk?

In die artikel “Reis sonder ‘n goeie einde” (Beeld, 15 Junie 2010. Lees hier: http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Reis-sonder-n-goeie-einde-20100614 ) as antwoord op Neels Jackson se artikel oor Ds. Izak du Plessis gebruik Ds. Andries Louw die beeld van die fluitspeler van Hamelin wat kinders weglok. Dit is besonder toepaslik, want is dit nie juis wat op die oomblik in vele NG gemeentes gebeur nie? (Lees verder)

1 comment:

  1. Dit klink ook asof Ds. Izak du Plessis besonder sagkens behandel is, as mens dink aan onlangse berigte oor hoe ernstig die stappe was teen predikante wat die groot doop aan mense bedien het.

    Mens lees dikwels hoe bekommerd die kerkleiers is oor dalende getalle lidmate in gemeentes. Die groot getalle mense wat na predikers soos Angus Buchan gaan luister, wys dat daar ‘n geestelike honger by mense is, so die fout lê nie daar nie. In hoeveel ander gemeentes is daar dieselfde tipe “fluitspelers” as Ds. Izak? Doen ouderlinge en ander leiers nog hul werk om te waak oor die leer van predikante en dosente aan kweekskole?

    Die sanggroep Prophet sing ‘n liedjie met die titel : “Al die kindertjies van Jesus is nie pôpô’s nie”, of soos Abraham Lincoln gesê het: “You can fool all the people some of the time, and some of the people all the time, but you cannot fool all the people all the time”. Gaan die NG kerk nog ‘n duur prys betaal vir sy akkommoderende houding?

    ReplyDelete