Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Sunday, May 6, 2012

i carry your heart with me

i carry your heart with me, poem by E. E. Cummings i carry your heart with me(i carry it in my heart)i am never without it(anywhere i go you go,my dear; and whatever is done by only me is your doing,my darling) i fear no fate(for you are my fate,my sweet)i want no world(for beautiful you are my world,my true) and it's you are whatever a moon has always meant and whatever a sun will always sing is you here is the deepest secret nobody knows (here is the root of the root and the bud of the bud and the sky of the sky of a tree called life;which grows higher than the soul can hope or mind can hide) and this is the wonder that's keeping the stars apart i carry your heart(i carry it in my heart)

Wednesday, May 2, 2012

Plaas Dwaalleer ‘n kerk se toekoms op die spel?

Dr TC Breitenbach, hier op sy blog: http://waterswaarrusis.blogspot.com/2012/05/dwaalleer-plaas-kerktoekoms-op-die-spel.html Dwaalleer plaas kerktoekoms op die spel 'n Soldaat wat weier om te veg; 'n geneesheer om 'n siekte-epidemie te bestry, en iemand wat armsgevou sy buurman se huis sien brand, dui op growwe pligsversuim - indien nie verraad - onder kritieke omstandighede wat dringende handeling noodsaak. Dit is presies die posisie van sommige hedendaagse predikante wat, ten spyte van hul legitimasie-eed - waarvolgens hulle onderneem om alle dwaalleer te bestry - afsydig staan daaromtrent. Daar heers 'n stryd in NGKerk-geledere waarvan lidmate én predikante, met weinig belangstelling buite die eie gemeentegrense, nie veel van sal weet nie. Dié stryd sentreer rondom die invoering van misleidende dwaalleer soos blyk uit, onder meer, algemeen sinodale besluitneming, boeke, geskrifte en uitsprake van kerkleiers in openbare beriggewing en radiodebatvoering. Die Bybel waarsku ons teen dwaalleraars en hul misleidende dwaalleer soos ons dit vandag in Bybel- en Belydenisskrifbotsende uitsprake aantref. Dit is vanselfsprekend dat kerklike dwaalleer herken, vertolk, benader en hanteer sal word ook teen die agtergrond van Bybelprofesieë. Profesievervulling moet ons juis wakkerskud uit 'n geestelik doodse slaaptoestand. Waarom wys leraars nie dié dwaling uit in die lig van eindtydse Skrifwaarskuwings, en soos hulle onderneem het, nie? Waarom swyg hulle? In sy artikel, "Waarom Calvinistiese Kerke nie die Profesieë Verkondig nie" (02.12), sê prof. Johan Malan dat verskeie kerke nooit die soeklig op Bybelse eindtydprofesieë laat val nie. Hy skryf dit toe aan 'n verkeerde teologiese oriëntasie, vanweë Augustinus en Calvyn, wat nie die letterlike vertolking van eindtydse profesieë aanvaar nie. Hy sien min hoop vir dwalende kerke om self te reformeer, omdat die geestelike leiers "nie oop is vir oortuiging deur persone wat deur hulle as leke beskou word nie." Met sy betrokkenheid by dwaalleer, plaas die NG Kerk sy toekoms op die spel

die Mulder: Soekend vars nagedink oor ons liggaamlike opstanding

’n Pragtige, sielsverheffende stuk oor die opstanding van Jesus - - Dankie, dankie DANKIE my Hemelse Vader, wat so ryklik in my Here, Jesus Christus se opstanding voorsien het! Vir my is hierdie stuk áángrýpend mooi! Terwyl ek lees, kom daar by my ’n toenemende nuuskierige opgewondenheid, ’n blye verlange na dié dag wanneer ek “beklee” gaan wees met wat ons Vader in Sy Wysheid bedoel het my “wese” sal wees, wanneer my liggaam-saadjie met heerlikheid (soos wat ek in my wildste drome nie kan voorstel nie!) beklee gaan word. Dit is loshande die mees “up-lifting” stuk wat ek in my lewe gelees het – dit voel of ek sweef hier waar ek voor my rekenaar sit en lees. Dit herinner my aan iets moois wat prof Daniël Louw geskryf het, wat vir my so geraak het, dat ek dit neergepen het: “Vir die Christelike lewensgevoel is elke oggend se opstaan na die nag se slaap ‘n eskaton in die kleine. Elke nuwe dag is ‘n uitdaging aan die gelowige om in sy verwerking van sin – binne die ruimte van die kerk – ‘n teken op te rig van die komende ryk van God. Binne hierdie eskatologiese perspektief is troos as bystand in smart, vermindering van leed, bestryding van onreg, verbering van die wêreld en opheffing van mens-onterende diskriminasie, ‘n pastorale verantwoordelikheid. Elke aand bring vir die Christelike lewensgevoel die ondekking: die eskaton in die groete is nog nie! (1985. Sin in lyding: Teologiese besinning rondom kruis en opstanding, p.132) Lees self hier: http://www.opgestaan.com/2/post/2012/04/nuut-soekend-vars-nagedink-oor-ons-liggaamlike-opstanding-ferdie-mulder-2-mei-2012.html

Monday, April 30, 2012

Pa's wat veg vir die reg om hul kinders meer te sien

Gaan gerus na dié manne se webblad by www.section35.co.za - daar is baie inligting in hierdie verband.

Pa's veg vir die reg om toegang tot hul kinders

Drie liefdevolle pappa's se stories - - Kinders word so dikwels speelballe van geskeide ouers, TEN ONREGTE! Hier is die verhaal van drie pa's wat 'n brandende begeerte het om meer aktief in hul kinders se lewens betrokke te wees . Watter ouer ook al kinders gebruik om die ander ouer wat opreg is in hul liefde vir hul kinders te manipuleer, doen die kinders 'n geweldige onreg aan. In Huisgenoot, so 'n paar weke gelede (gaan gerus ook na die webwerf wat in die artikel gegee word): http://www.huisgenoot.com/artikels/Plaaslik/Ons-sal-veg-vir-ons-reg

Monday, April 23, 2012

Meet jy jou dominee aan ‘n kernmaatstaf?

“Wat dan van die geestelike kernkonteks waarbinne hy Christus se laaste opdrag, om verloregaandes bekerend tot Hom te lei,gehoorsamend moet uitvoer? Waarom nie jou dominee eerder aan dié kernmaatstaf meet nie?” so vra Dr TC Breitenbach op sy blog. Lees verder hier: http://waterswaarrusis.blogspot.com/2012/04/meet-jou-dominee-aan-kernmaatstaf.html

Tuesday, April 17, 2012