Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Wednesday, March 20, 2013

BELHAR se belydenis - - net die een kant van die storie ?

Op Facebook is 'n spesiale profiel vir die belydenis van Belhar geskep. Mense staan by verskillende geleenthede voor die kansel om ‘n GELOFTE af te lê ( voor God en sy gemeente), om te bly by “die leer van die kerk” . Kerkleiers wéét dat daar ‘n GROOT aantal mense is wat nie geneë is om Belhar as belydenisskrif te aanvaar nie. Wanneer daar verwag word dat mense ‘n INGELIGTE keuse moet maak oor iets so belangriks en gewigtigs, is dit nie onregverdig om net die een kant te stel nie? Waarom word daar nie net soveel geld, tyd en moeite gedoen om die ANDER kant van die saak ook te stel nie? Ek weet bv. van ‘n hele RING wat hul ontevredenheid te kenne gee n ‘n dokument: http://hierstaanek.files.wordpress.com/2011/10/louistrichardring.doc Ook het general van der Merwe ‘n 15-bladsy document opgestel wat hier te lees is: http://www.kerkweb.org/sites/default/files/memo-genlvdmerwe_0.pdf Ds Theo Ds. Danzfuss het in 2005 vir die tydskrif, Waarheid en Dwaling, 3 artikels oor die Belhar belydenis geskryf, onder die titel: Evaluering van die Belharbelydenis. Hierdie artikels kan van die Waarheid en Dwaling webblad afgelaai word, in die volgende drie uitgawes: Jaargang 2005 – Mei, Junie, Julie, hier: http://www.vgl.co.za/vglWDindex.php En waarom word die boek “Belhar geweeg” wat deur 18 gerekende persone geskryf is, nie ook hier bekend gestel nie? Wie meer wil weet, kan hier gaan kyk: http://www.belhargeweeg.co.za/

No comments:

Post a Comment