Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Tuesday, June 12, 2012

Brandpunte in die NHKA

Neels Jackson in vandag se Beeld: http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Stryd-oor-sewe-punte-20120611

Ek dink die berig in die Beeld oorvereenvoudig die kwessie, en bring mens onder ‘n wan-indruk, soos gesien word in die laaste sin:

“Dit was eers nadat die besluit teen die teologiese regverdiging van apartheid geneem is en onrus losgebars het dat die steedsHervormers met dié teologiese besware na vore gekom het.”

Hierdie NHKA-debat het ‘n laaaang aanloop. So vroeg as 1995-6 het beswaarstemme al opgeklink. Ongelukkigheid oor van die sewe punte het toe al voorgekom. Oor ‘n ongepubliseerde stuk “Eietydse getuienis op Hervormingsdag “ word die volgende geskryf: (sien kommentaar)

3 comments:

  1. (begin aanhaling):
    [Geskrewe getuienis oor die roeringe agter die skerms tydens hierdie vergadering sou eers aan die lig kom toe doktor J.H. Breytenbach op 18 Januarie 1996 op uitnodiging die Predikantevergadering toegespreek het. Dit was ná die bekendstelling van 'n 'Eietydse Getuienis' deur 'n groep wat die voorneme uitgespreek het om 'n konfessionele verbond te stig in reaksie op die besluite van die Algemene Kerkvergadering en debatte wat daar gevoer is. Die loodskomitee was A.D. Pont, H.G. van der Westhuizen, G.C. van Staden, S. Gregan, J.J. Steenkamp, H.J. Botes en J.H. Breytenbach. Breytenbach het die Predikantevergadering meegedeel dat hulle 'getuienis' voortkom uit tendense wat geruime tyd al waargeneem is en wat op die Algemene Kerkvergadering van 1995 op die spits gedryf is deur besluite na aanleiding van 'n 'propagandaverklaring deur die Dosentevergadering', die plek en funksie van die Belydenisskrifte in die kerk, die uitlating van professor Pelser dat daar baie dinge in die Belydenisskrifte is wat hy nie kan aanvaar nie, die bespreking en aanvaarding van die beskrywingspunt van die Ring van Johannesburg, ens. Hulle het tydens die vergadering 'n byeenkoms gereël vir 14 Augustus 1995, bygewoon deur ''n baie groot groep predikante en ouderlinge.' Op voordrag van professor van der Westhuizen is besluit om 'n Konfessionele Verbond op te rig binne die Kerk.

    ReplyDelete
  2. (vervolg)....
    Daar is ook besluit om deur middel van 'n getuienis die skeiding in teologiese paaie wat besig is om in die kerk plaas te vind, aan te dui. Die skeiding spruit voort uit die verskille in waardering van die belydenis en belydenisskrifte en mond uit in die onvermoë om klinkklaar te getuig [...] 'n Loodskomitee [...], is benoem om die konsep van 'n grondslag en inrigting vir die te stigte Konfessionele Verbond en 'n konsep van die getuienis wat gelewer sou word, op te stel. Die konsepte is op 'n byeenkoms van 13 September bespreek. [...] Die konsepdokumente is nie aanvaar nie maar na die Loodskomtee terugverwys. [...] By die vergadering van 10 Oktober is die dokumente opnuut onder oë geneem. Daar is verskillende wysigings aan die getuienis aangebring, terwyl afgesien is van die hele gedagte om'n Konfessionele Verbond, wat toe al klaar 'n ander naam gekry het, te wete 'Die Verbond vir die handhawing van die belydenis in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika,' op te rig. Uitnodigings om die Hervormingsdagbyeenkoms op 04 November by te woon en 'n ekemplaar van die Eietydse Getuienis is op 21 Oktober aan die skriba van elke gemeente en aan al die geordende dienaars van die Woord in die Kerk gepos. Op 04 November is die Getuienis gelewer in die Goddefroysaal onder voorsitterskap van ouderling Esterhuizen. Dit is toegelig deur myself; Professor Pont het die getuienis voorgehou; professor van der Westhuizen het die pad vorentoe uitgestippel en Doktor Botes het 'n samevatting van die verrigtinge gegee. [Die bewoording van die 'Eietydse Getuienis' (einde van aanhaling)

    Hier gekry (rol af tot by 1995-96): http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222010000300013&lng=en&nrm=iso

    ReplyDelete
  3. Prof Jimmy Loader sê dat hierdie debat van die negentiger jare “laat die vroeere twiste klein lyk”.

    Die onenigheid gaan in wese oor WAARHEIDSBESKOUINGS, is sy opinie:
    http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/18069/Loader_Hervormde(1996).pdf?sequence=1

    ReplyDelete