Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, January 21, 2010

"Omstrede" Trojaanse perd in VOLKSBLAD...

Omstrede boek oor kerk bekend gestel
2010-12-02 00:27

K aren Ebersohn
’n Omstrede boek oor teologiese veranderinge in die kerk en die ingrypende implikasies wat dit het op sake soos die gesag en die gebruik van die Bybel, homoseksualiteit, saambly en die huwelik, het pas verskyn.
Die boek, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme, is deur ’n groep besorgde lidmate en predikante uit die NG Kerk saamgestel.
En ja, die boek is dalk omstrede en sal mense skok, waarsku die skrywers.
Drs. Henrietta Klaasing, met ’n doktorsgraad in teologie, en Hennie Mouton, ’n ingenieur van Pretoria, is die samestellers en medeskrywers.
Mouton sê die boek is om NG lidmate te kry om na Bybelse waarhede terug te keer.
“Daar word gekyk na hoe die ommekeer in Skrifbeskouing ook nie Skrifkritiek en Skrifgebruik onaangetas gelaat het nie. Dit het tot gevolg dat Bybelwaarhede soos die opstanding van Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy Godheid en selfs Sy plaasvervangende sterwe, verloën word.”
Hy sê die vrae kan gevra word of die hart van die evangelie nie uitgeruk is nie.
“Die liberale aanslag het verdoemende gevolge op vele terreine. Die hantering van homoseksualiteit word in die boek bespreek as voorbeeld van die gevolge van verkeerde besluite aangaande Skrifbeskouing.”
Mouton sê met postmodernistiese liberalisme bedoel hy dit is die verskynsel dat die Bybel nie meer as die Woord van God beskou word nie. Ook dat daar predikers in die kerk is wat vrae het oor Jesus as Verlosser.
“Die boek kan dalk sommige mense skok. Ons bespreek voorbeelde soos evolusie en homoseksualiteit en noem die name van mense wat dit verkondig. Maar ons doel is nie om mense sleg te sê nie, ons heg ook verwysings aan en staaf ons motiverings.”
Hy sê hulle glo ook nie die hele NG Kerk hou hom met dwaalleer op nie.
“Maar daar is beslis sommige leraars en professors wat daarmee besig is, soos dié wat twyfel of Jesus werklik opgestaan het. Ons glo hulle is besig met dwaalleer.”
Oor hoe die boek ontstaan het, sê Mouton, die skrywers is almal mense wat gereeld deelneem aan gesprekke oor kerksake.
“Ons het reeds soveel inligting oor ’n verskeidenheid onderwerpe versamel en het besluit om dit in boekvorm uit te bring.”
Die ander skrywers is ds. Gideon Aggenbag, ’n emeritus-predikant, mnr. Daniel Louw, ’n ingenieur, ds. Jan Louw, NG predikant op Secunda, dr. Koos Visser, ’n mediese spesialis, en ds. Hanan Viljoen, emeritus-predikant.
Vir meer inligting of bestellings besoek die webtuiste, http://www.glodiebybel.co.za/.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment