Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Saturday, January 30, 2010

Taal is ook belangrik...

Daar woed 'n hewige taaldebat oor Afrikaans in SA op die oomblik. Is taal belangrik? Ek dink beslis so.

Met die uitstorting van die Heilige Gees word gepraat van ‘n “tale wonder” . Nadat die dissipels in tale begin praat het, was mense uit ander lande verwonderd daaroor dat hulle die dissipels in hul eie taal kon hoor praat (Hand. 2:8).

Wat ek nog altyd oor gewonder is, waarom het God nie 'n "hoor-wonder" gedoen, en maar net vir die hoorders dit moontlik gemaak om te verstaan wat gesê word nie?

Ek dink dit was omdat God tog ook die God van verskeidenheid is . Openb 5:9 sê ook duidelik: “ Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.

No comments:

Post a Comment