Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Saturday, August 7, 2010

Fluitspeler fluit lustig voort.

In ‘n artikel ”Stomme aanvaarding skep ruimte vir afgode” in vandag se RAPPORT speel mnr. Izak du Plessis maar weer die eentonige deuntjie van verdagmakery teen die NG kerk en gebruik hy die geleentheid om sy eie “kerk” te adverteer terwyl hy persone in die kerk diskrediteer. Iewers in die artikel sê hy: “Om sin van geloof te maak vir die tyd waarin ons leef, is dit nodig dat ons ewig soekende sal bly en vrae sal vra” - die hooftema van die artikel gaan oor vrae en antwoorde. Met die vra van geloofsvrae en soeke na antwoorde het ek nie ‘n probleem nie. Waarmee ek wel ‘n problem het , is hóé mens soek en wáár mens soek na antwoorde. (lees verder)

1 comment:

  1. In vorige artikels het dit duidelik geword dat Izak sy antwoorde buite die kerk soek en dat hy meer tuis in ‘n kroeg voel as in ‘n kerk. Die feit dat hy ook erken het dat hy nie meer in dinge soos die maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart glo nie, dui daarop dat hy nie sy antwoorde in die Bybel soos gereformeerdes dit nog altyd verstaan soek nie.
    Om te insinueer dat König en mense wat soos hy dink, ruimte vir afgode skep, is ‘n geval van die pot wat die ketel verwyt.
    En terwyl hy lustig met sy valse deuntjie voortgaan, wonder mens hoeveel onskuldige mense hy nog agter hom gaan aansleep...

    ReplyDelete