Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Monday, December 8, 2014

Kersfees kom, Kersfees kom - gee aan God die eer! ( Koos du Plessis)

Elke kers het 'n bepaalde betekenis...

1 comment:

  1. Adventskrans
    Advent is die tyd van afwagting op die koms van Christus, en word die vier weke voor Kersfees gevier (die woord “advent” beteken “koms”). Die Adventskrans word in die laaste tyd ’n al hoe bekender deel van ons Kersversierings. ’n Krans was reeds in die Griekse en Romeinse tyd die teken van oorwinning en feestelikheid, en die Adventskrans kom waarskynlik van dié gebruik. Dit word van groen takkies gemaak wat inmekaar gevleg word om ’n krans te vorm. Dikwels word die krans net so teen die voordeur opgehang, maar dit kan ook plat op ’n tafel neergesit word. In lg. geval word daar vier kerse, een vir elk van die vier Adventsondae, tussen die takkies in die krans gesit: drie purper of donkerblou en een ligroos. Elke Sondag word een van die kerse aangesteek, met ’n kort gebed daarby waarin die gesin (of gemeente) bid om die koms van Christus, totdat al vier kerse op die vierde Sondag aangesteek word. Die ligroos kers word op die derde Adventsondag aangesteek om aan te dui dat die helfte van die wagtyd verby is. ’n Laaste rooi of wit kers, wat Christus simboliseer, word op Kersdag in die middel van die krans bygevoeg.

    Elke Sondag het sy eie tema: die eerste is verwagting, die tweede verkondiging, die derde vreugde en die vierde reinheid of voorbereiding. Die gebed wat die gesin by die aansteek van die kerse bid, sluit by hierdie temas aan.

    In Denemarke begin die Kersseisoen op 1 Desember met die aansteek van die kalenderkers. Die kers word met 24 ringe gemerk, een vir elke dag voor Kersfees, en elke dag brand een ring van die kers uit om só die afwagting en voorbereiding op Christus se koms te versterk.

    ReplyDelete