Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, September 1, 2011

Ferdie Mulder se boek maak opslae....


Volgens die nuutse Kerkbode - ook aanlyn te lees, hier:
http://www.kerkbode.co.za/NuusLees.asp?id=214

1 comment:

  1. Ek wonder waar op Facebook hierdie sogenaamde “vuurwarm debat” plaasgevind het. Sover my kennis strek, is die boek op heelparty plekke nie net op Facebook nie maar ook op blogs en webwerwe bespreek en is die oorwegende kommentaar mense se dankbaarheid dat meer oor hierdie gebeure uiteindelik op die lappe kom en ook skok om dinge te hoor wat vantevore doodgeswyg is.

    In plaas daarvan dat dit neerhalend gemeld word, moet Ferdie ter ere nagegee word dat hy verskoning vra en vergewensgesind is.

    Dit is jammer dat in hierdie berig Ferdie Mulder se ware boodskap wat hy oor en oor nie net in die boek nie, maar ook op advertensies oor die boek benadruk, nie hier genoem word nie. Dit is dat die boek nie net ‘n uitdaging aan die leser is om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypende getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk.

    Is die skrywer van hierdie berig dalk so negatief ingestel, omdat hy vir ‘n verandering aan die ontvangkant van kritiek is?

    ReplyDelete