Wednesday, March 16, 2016
#NGKerk Vir Prof Willie Esterhuyse is God 'n metafoor
http://www.glodiebybel.co.za/index.php/wie-is-wie/1137-willie-esterhuyse.html?utm_source=twitterfeed&utm_medium=twitter
Tuesday, March 15, 2016
Dr Peet Botha se ope brief re #SGV2015 aan die #NGKerk
http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/1102-ope-brief-aan-die-ng-kerk-peet-botha.html
Friday, February 26, 2016
Tuesday, February 9, 2016
Sunday, February 7, 2016
Chris van Wyk oor Bartlett se uitleg #SGV2015 #NGKerk
Saturday, February 6, 2016
#NGKerk #SGV2015 Gereformeerde kerk neem vreemde Skrifhantering in oënskou
Thursday, January 28, 2016
Kerkbode se gay-debat rakende #SGV2015 van die #NGKerk
Kerkbode vra bydraes tot albei kante van die gay debat . Hier is myne:
Op die SGV-konferensie wat verlede jaar by Stellenbosch se teologiese fakulteit gehou is, het prof. Louis Jonker erken dat hulle "nuwe hermeneutiese sleutels" gebruik het om krities na die SGV-besluite vóór 2000, 2007 en 2013 te kyk om by die SGV2015-besluit uit te kom. Die gevaar van eie-ontwerpte hermeneutiese sleutels is dat jy alle ander sake op dieselfde manier kan ombuig om te wees wat jy wil hê dit moet wees - dit word 'n "spanner" waarmee jy alles draai om jou te pas, soos prof. Jan van der Watt sê.
Met hierdie besluit het die piepklein groepie (200 afgevaardigdes) die NG kerk buite die wêreldwye groter familie van gereformeerde kerke geplaas wat deur die eeue en tot vandag nog sê dat selfdegeslagverhoudings Bybels onaanvaarbaar is. Die heftige reaksie van kerkrade landswyd en ook hele streeksinodes vertel hul eie verhaal, asook die kennisgewings van appѐl wat ingedien is.
Prof Jonker se "sleutels" is volgens hom histories en literêr en hulle het volgens hom, hulle ook op die natuurwetenskappe beroep. Deur laasgenoemde te doen, het hulle 'n streep getrek deur artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis: "God maak Hom nog duideliker en meer volkome aan ons bekend deur Sy Heilige en Goddelike Woord." Wêreldbeeld en wetenskap, kultuur, geskiedenis, en so meer is ondergeskik aan die Goddelike Woord.
God het 'n skeppingsorde waarvan ons in die eerste hoofstukke van Genesis lees. Ons lees ook daar van sy ideale plan VOOR die sondeval. Sy opdrag aan mens, dier en plant is om vrugbaar te wees, te vermeerder en die aarde te vul. Daarom het Hy geslagtelikheid geskep, by plant, dier en mens. Hoe kan daar aan hierdie opdrag van God voldoen word met selfdegeslagverhoudings.
http://kerkbode.bybelmedia.org.za/2016/01/die-gay-debat-basis-argumente/
Subscribe to:
Posts (Atom)





