Saturday, March 14, 2015
DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 3)
Soms gebeur dit onwetend en indirek... soos met Josef. Indirek want God praat met hom deur twee drome. In albei van Josef se drome het sy broers voor hom gebuig. Toe Josef vir sy broers van hierdie drome vertel, het hulle hom nog meer gehaat – sy pa het hom hard aangespreek daaroor. Indirek want SY PA stuur hom na sy broers in die veld. Het die jonge Josef enige verband gesien tussen sy drome en die slawehandelaars wat hom gekoop het? Sou hy TOE al besef het dat hy 'n gestuurde van die Here was?
"Toe daar van die Midianitiese handelaars verbykom, het die broers vir Josef uit die put uit opgetrek en vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop en dié het hom Egipte toe gevat. " (Gen 37:28)
DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID ( DEEL 2)
Partykeer is die aanwysings maar effe vaag!! Neem byvoorbeeld Abraham ( met sy eerste roeping was sy naam nog ABRAM).
Gen 12:1, 4: En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.... Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
"GAAN JY ... Toe HET Abram weggetrek..."
DIE STURENDE GOD WAT ONS AANBID (I)
God stuur mense. Soms naby, soms ver. Partykeer weet hulle waarheen, partykeer is die aanwysings maar effe vaag. Soms wéét hulle dat hulle gestuur is, soms gebeur dit onwetend... Daar is tye wat dit persoonlik geskied, maar dit kan ook in die algemeen wees. Mense kan blindelings gehoorsaam, soms teensinnig, soms moet God "hardhandig" wees. Maar DAT God die sturende God is, is 'n feit.
Monday, December 8, 2014
Sunday, October 5, 2014
OKTOBERMAAND - C LOUIS LEIPOLDT
Tuesday, August 26, 2014
Calvinistiese Alliansie gestig
Hoor ons hier die klanke van 'n nuwe beweging van samewerking tussen Afrikaanse dnominasies??
http://www.dievryburger.co.za/2014/08/calvinistiese-alliansie-kom-tot-stand-in-pretoria/
Friday, August 8, 2014
Subscribe to:
Posts (Atom)






