Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Monday, December 5, 2011

AANHALING UIT DIE OT in die NT

God se Groot Plan met die mens en sy wêreld maak net ten volle sin wanneer mens die Bybel as ‘n eenheid sien.

Meer as 200 Ou Testament- tekste word in die Nuwe Testament aangehaal. Jesus self het uit 24 OT bóéke (nie tekste nie) aangehaal – selfs meer tekste.

Daar is net 5 OT boeke wat nie in die NT aangehaal word nie: Esra, Nehemia, Ester, Prediker en Hooglied – wat nie beteken dat dit nie deur die Heilige Gees geïnspireer is nie.

Ge

nesis alleen word meer as 25 keer in die NT aangehaal en baie meer as mens “dubbelle” aanhalings ook tel. Hier is sommige van Genesis, die sg. mitiese boek, se aanhalings in die NT (Kyk hoeveel keer word Gen. 2:24 aangehaal!):

Gen 1:27 in Matt 19:4; Gen 5:2 in Mark 10:6; Gen 2:2 in Heb 4:4; Gen 2:7 in1 Cor 15:45; Gen 2:24 in Matt 19:5, Mark 10:7-8,1 Cor 6:17, Eph 5:31 ; Gen 5:24 in Heb 11:5; Gen 12:1 in Hand 7:3; Gen 12:3 in Gal 3:8; Gen 12:7 in Hand 7:5; Gen 13:15 in Gal 3:16; Gen 14:17-20 in Heb 7:1-2; Gen 15:5 in Rom 4:18; Gen 15:6 in Rom 4:3,9,22, Gal 3:6, Jas 2:23; Gen 15:13-14 in Hand 7:6-7; Gen 17:5 in Rom 4:17; Gen 17:7 in Gal 3:16; Gen 17:8 in Hand 7:5; Gen 18:10 in Rom 9:9;; Gen 18:14 in Rom 9:9; Gen 21:10 in Gal 4:30; Gen 21:22 in Rom 9:7, Heb 11:18; Gen 22:16-17 in Heb 6:13-14; Gen 22:18 in Hand 3:15; Gen 25:23 in Rom 9:12; Gen 38:8 in Lukas 20:28; Gen 47:31 in Heb 11:21.

Sunday, December 4, 2011

“ONS WIL DIE KERK VERANDER” - Laurie Gaum

Daar is vandag ‘n kort uitreksel en ‘n skakel na ‘n berig oor Laurie Gaum wat die kerk wil verander ( Die Burger, 2011/12/03) op ‘n onderafdeling van die NG Kerk se Tuisblad. Lees hier: http://www.ngkerk.org.za/index.asp?bodyType=tuisblad

So Laurie Gaum wil die kerk verander . Hy voeg sy stem by dié van sy pa , Frits Gaum (lees hier:
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus /Fluit-fluit-is-die-NG-Kerk-dalk-uit-vra-Frits-Gaum-20110312) en ook dié van Nico Geldenhuys (lees hier: http://www.dieburger.com/By/Nuus/My-brief-teen-die-kerkdeur-20111104-2)

Hierdie mense se wortels is in die NG Kerk. Ook op die NG Kerk se Diversiteitsforum sug mense blykbaar na verandering, maar hierdie Forum is nie sommer net "iemand se blog" nie. Hierdie forum is gekoppel aan die Tuisblad van die NG Kerk. Om by hierdie Diversiteitsforum uit te kom, moet mens dus eers klik op die Tuisblad van die Nederduits Gereformeerde Kerk. Heel bo-aan is ‘n keuse-lysie , onder andere “Belydenisgrondslag”. Wanneer mens daarop klik , kry mens ‘n duidelike uiteensetting van wat die “visie en missie” van die NG Kerk.

Miskien moet die Gaums , Geldenhuyse en andere in die NG Kerk wat graag “die kerk” wil verander daarop gaan klik (hier: http://www.ngkerk.org.za/index.asp?bodyType=belydenis )

Daar word kortliks verklaar:
“Dit (dus dit wat alles op hierdie spesifieke blad aangedui word) vorm ook die belydenisgrondslag van die NG Kerk, omdat dit in ooreenstemming met die Bybel is. Daarin word ons gereformeerde verstaan van die Christelike geloof geformuleer.”

Mense WIL die kerk verander, maar MAG hulle, en indien wel, waarnatoe?
Dr. Henrietta Klaasing, Groblersdal.