Psalm 100: 1-2 : Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!

Thursday, December 30, 2010

Artikel in JUIG!

Ons sê baie dankie aan die redaksie en skrywer Johan Kriel, vir ‘n treffende artikel in die Januarie 2011 uitgawe van JUIG! Op besondere wyse het Johan die essensie van die boek raakgevat en uitgelê. Dit is goed dat NG Kerk se Diversiteitsforum, Kerkbode en Kletskerk ook genoem word, asook die moontlike doleansie-pad. Die waarskuwende toon kom ook baie sterk na vore. Ons is die Here dankbaar vir die wonderlike blootstelling in ‘n wyd-gelese tydskrif soos JUIG!

Terug na die Bybel!

Kort en kragtige aanlyn-boekie, lees maklik en vinnig, hier:

http://www.glodiebybel.co.za/boeke-m/219-terug-na-die-bybel-johan-kriel.html

Wednesday, December 29, 2010

Die Trojaanse perd in die NG kerk, omstrede boek...

Omstrede boek oor kerk bekend gestel
2010-12-02 00:27

K aren Ebersohn
’n Omstrede boek oor teologiese veranderinge in die kerk en die ingrypende implikasies wat dit het op sake soos die gesag en die gebruik van die Bybel, homoseksualiteit, saambly en die huwelik, het pas verskyn.
Die boek, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme, is deur ’n groep besorgde lidmate en predikante uit die NG Kerk saamgestel.
En ja, die boek is dalk omstrede en sal mense skok, waarsku die skrywers.
Drs. Henrietta Klaasing, met ’n doktorsgraad in teologie, en Hennie Mouton, ’n ingenieur van Pretoria, is die samestellers en medeskrywers.
Mouton sê die boek is om NG lidmate te kry om na Bybelse waarhede terug te keer.
“Daar word gekyk na hoe die ommekeer in Skrifbeskouing ook nie Skrifkritiek en Skrifgebruik onaangetas gelaat het nie. Dit het tot gevolg dat Bybelwaarhede soos die opstanding van Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy Godheid en selfs Sy plaasvervangende sterwe, verloën word.”
Hy sê die vrae kan gevra word of die hart van die evangelie nie uitgeruk is nie.
“Die liberale aanslag het verdoemende gevolge op vele terreine. Die hantering van homoseksualiteit word in die boek bespreek as voorbeeld van die gevolge van verkeerde besluite aangaande Skrifbeskouing.”
Mouton sê met postmodernistiese liberalisme bedoel hy dit is die verskynsel dat die Bybel nie meer as die Woord van God beskou word nie. Ook dat daar predikers in die kerk is wat vrae het oor Jesus as Verlosser.
“Die boek kan dalk sommige mense skok. Ons bespreek voorbeelde soos evolusie en homoseksualiteit en noem die name van mense wat dit verkondig. Maar ons doel is nie om mense sleg te sê nie, ons heg ook verwysings aan en staaf ons motiverings.”
Hy sê hulle glo ook nie die hele NG Kerk hou hom met dwaalleer op nie.
“Maar daar is beslis sommige leraars en professors wat daarmee besig is, soos dié wat twyfel of Jesus werklik opgestaan het. Ons glo hulle is besig met dwaalleer.”
Oor hoe die boek ontstaan het, sê Mouton, die skrywers is almal mense wat gereeld deelneem aan gesprekke oor kerksake.
“Ons het reeds soveel inligting oor ’n verskeidenheid onderwerpe versamel en het besluit om dit in boekvorm uit te bring.”
Die ander skrywers is ds. Gideon Aggenbag, ’n emeritus-predikant, mnr. Daniel Louw, ’n ingenieur, ds. Jan Louw, NG predikant op Secunda, dr. Koos Visser, ’n mediese spesialis, en ds. Hanan Viljoen, emeritus-predikant.
Vir meer inligting of bestellings besoek die webtuiste, www.glodiebybel.co.za.
- Volksblad

Monday, December 27, 2010

The gospel is for ALL who believe...

1Corinthians 1:18 – 21: For the preaching of the cross is to them that perish foolishness; but unto us which are saved it is the power of God.

For it is written, I will destroy the wisdom of the wise, and will bring to nothing the understanding of the prudent.

Where is the wise? where is the scribe? where is the disputer of this world? hath not God made foolish the wisdom of this world?

For after that in the wisdom of God the world by wisdom knew not God, it pleased God by the foolishness of preaching to save them that believe.

Saturday, December 25, 2010

Geleentheid op RSG!


Ons het geleentheid gekry om ons saak op RSG te stel vanoggend. Webwerf se naam: www.glodiebybel.co.za is duidelik gegee. "Mag U Naam geheilig word, U Koninkryk kom, U wil geskied geskied!"

Sunday, December 19, 2010

Die wyse manne : vreemdes maak Baba Jesus Koning

As mens aan die wyse manne dink , is dit hoofsaaklik net dat hulle uit die Ooste gekom het, en dat hulle kosbare geskenke met simboliese betekenis vir Baba Jesus gebring het – maar wie was hulle regtig, en hoe het hulle geweet van die Koning wat gebore wou word? (Lees verder onder kommentaar)

Wednesday, December 15, 2010

'Kanker' bedreigt Zuid-Afrikaanse kerk

Ons boek word ook nou in Nederland bespreek!

De Nederduits Gereformeerde Kerk (NG-Kerk) in Zuid-Afrika wordt bedreigd door een " Trojaans paard". Dat schrijven verontruste kerkleden en enkele ex-predikanten in het onlangs verschenen boek ' Het Trojaanse paard in de NG-Kerk; Kanker van evolutie en liberalisme'. (Lees verder onder kommentaar)

DEEDS NOT CREEDS??

It seems as if one of the current buzz-term in church circles is “deeds not creeds” . Recently Rick Warren said "We need a reformation not of creeds but deeds". This rings a familiar bell with the WCC’s “Doctrine divides, service unites”.

I cannot go along with the term “deeds not creeds”. All non-Christian religions place a high premium on deeds. Angry gods must be appeased with offerings of some kind. (Read on under comments)

Monday, December 13, 2010

Having people in strategic places

“It is not what you know, but who you know” is often said in the business world. I don’t know the origin of this, but it seems as if it now also applies in some churches. (Read on under comments)

Saturday, December 11, 2010

OUR BOOK, "THE TROJAN HORSE..." IS NOW READ IN CANADA...

Dr Byl is well known in Reformed and scientific circles in Canada and all over the world and has kindly given us exposure on his blog:

http://bylogos.blogspot.com/2010/12/trojan-horse-in-south-african-reformed.html

Thank you ever so much Doctor, this kind gesture is highly appreciated by our whole team!

Friday, December 10, 2010

BOEK “KWAADWILLIG” – sê WIE???

Jackson sê “Boek “kwaadwillig” wat NG kerk kap oor Bybel” (lees hier:
http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Boek-kwaadwillig-wat-NGK-kap-oor-Bybel-20101210 )
DIE BOEK IS BESKIKBAAR BY AUGUSTINE BOOKROOM, PRETORIA (645 Rudolf Street, Constantia Park, Pretoria) http://www.augustine.co.za/home.php

Thursday, December 9, 2010

CS Lewis-juweeltjies

Twee juweeltjies uit die stuk ( http://orthodox-web.tripod.com/papers/fern_seed.html )
(ek weet nie wie op daardie blad is verantwoordelik vir die swak Engels nie!):

I am a sheep, telling shepherds what only a sheep can tell them. (CS Lewis)

They (the liberals) claim to see fern-seed and can't see an elephant ten yards way in broad daylight. (CS Lewis)

Friday, December 3, 2010

Die Trojaanse perd in die NG kerk, omstrede boek...


Omstrede boek oor kerk bekend gestel
2010-12-02 00:27

K aren Ebersohn
’n Omstrede boek oor teologiese veranderinge in die kerk en die ingrypende implikasies wat dit het op sake soos die gesag en die gebruik van die Bybel, homoseksualiteit, saambly en die huwelik, het pas verskyn.
Die boek, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme, is deur ’n groep besorgde lidmate en predikante uit die NG Kerk saamgestel.
En ja, die boek is dalk omstrede en sal mense skok, waarsku die skrywers.
Drs. Henrietta Klaasing, met ’n doktorsgraad in teologie, en Hennie Mouton, ’n ingenieur van Pretoria, is die samestellers en medeskrywers.
Mouton sê die boek is om NG lidmate te kry om na Bybelse waarhede terug te keer.
“Daar word gekyk na hoe die ommekeer in Skrifbeskouing ook nie Skrifkritiek en Skrifgebruik onaangetas gelaat het nie. Dit het tot gevolg dat Bybelwaarhede soos die opstanding van Christus, Sy maagdelike geboorte, Sy Godheid en selfs Sy plaasvervangende sterwe, verloën word.”
Hy sê die vrae kan gevra word of die hart van die evangelie nie uitgeruk is nie.
“Die liberale aanslag het verdoemende gevolge op vele terreine. Die hantering van homoseksualiteit word in die boek bespreek as voorbeeld van die gevolge van verkeerde besluite aangaande Skrifbeskouing.”
Mouton sê met postmodernistiese liberalisme bedoel hy dit is die verskynsel dat die Bybel nie meer as die Woord van God beskou word nie. Ook dat daar predikers in die kerk is wat vrae het oor Jesus as Verlosser.
“Die boek kan dalk sommige mense skok. Ons bespreek voorbeelde soos evolusie en homoseksualiteit en noem die name van mense wat dit verkondig. Maar ons doel is nie om mense sleg te sê nie, ons heg ook verwysings aan en staaf ons motiverings.”
Hy sê hulle glo ook nie die hele NG Kerk hou hom met dwaalleer op nie.
“Maar daar is beslis sommige leraars en professors wat daarmee besig is, soos dié wat twyfel of Jesus werklik opgestaan het. Ons glo hulle is besig met dwaalleer.”
Oor hoe die boek ontstaan het, sê Mouton, die skrywers is almal mense wat gereeld deelneem aan gesprekke oor kerksake.
“Ons het reeds soveel inligting oor ’n verskeidenheid onderwerpe versamel en het besluit om dit in boekvorm uit te bring.”
Die ander skrywers is ds. Gideon Aggenbag, ’n emeritus-predikant, mnr. Daniel Louw, ’n ingenieur, ds. Jan Louw, NG predikant op Secunda, dr. Koos Visser, ’n mediese spesialis, en ds. Hanan Viljoen, emeritus-predikant.
Vir meer inligting of bestellings besoek die webtuiste, http://www.glodiebybel.co.za/.
- Volksblad